Vyf dood ná polisie transitoroof fnuik

(Foto: SAPD)

Vyf vermeende transitorowers is Woensdag in eMalahleni, Mpumalanga, doodgeskiet toe die polisie hul planne om ʼn geldwa te beroof gefnuik het.

Die polisie het inligting oor die beplande rooftog ontvang en is na ʼn huis in Tasbet Park wat glo deur die rowers as ʼn skuilplek gebruik is.

Volgens lt.kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het polisiebeamptes van verskillende eenhede en private sekuriteitsbeamptes die huis genader en het van die verdagtes in ʼn Toyota Quantum-minibus van die toneel probeer vlug.

“Die verdagtes het losgebrand en polisiebeamptes en veiligheidsbeamptes het teruggeskiet. Vyf verdagtes is op die toneel dood verklaar.”

Agt verdagtes is in hegtenis geneem terwyl sowat nege ander daarin kon slaag om van die toneel te vlug. Daar is op vuurwapens, insluitend drie AK-47’s en ʼn R5, en vier voertuie beslag gelê.

Die verdagtes sal onder meer van moord, poging tot moord en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie aangekla word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Melanie ·

Amen, Dit is inderdaad goeie nuus! Dalk is daar paar lewens gespaar weens die inhegtenisneming van die rowers…met wapens..

Melanie ·

Dit is inderdaad goeie nuus! Dalk is daar paar lewens gespaar weens die inhegtenisneming van die rowers…met wapens..

ES ·

Dis net jammer dat die res weggekom het… daar is te veel van hulle nog op straat.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hier is magte en kragte agter die rooftogte. Hulle het baie geld en hulpbronne. Die polisie kan solank voorberei vir oorlog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.