Vyf dood ná skietery by winkelsentrum

Argieffoto

Vyf mense is dood nadat ʼn groep swaar gewapende mans Vrydagaand by ʼn winkelsentrum in KwaDlangezwa naby Empangeni in KwaZulu-Natal losgebrand het.

Volgens ʼn polisieverklaring het die voorval by die Vulindlela-winkelsentrum plaasgevind.

ʼn Groep verdagtes het na bewering op veiligheidswagte op die sentrum losgebrand en toe ʼn onbekende bedrag geld gesteel voordat hulle op die vlug geslaan het.

“ʼn Motor wat steeds geluier het, het op die toneel gestaan. Dié motor is vermoedelik deur die verdagtes gebruik,” lui die verklaring.

Twee veiligheidswagte is in die voorval doodgeskiet. ʼn Man wat in sy motor gesit het, is ook raakgeskiet en is later dood.

Die polisie kon nie bevestig wie die ander twee oorledenes is nie, maar het wel bevestig dat die personeel van die winkel wat beroof is nié beseer is nie.

Genl.maj. Bheki Langa, die provinsiale polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, het die voorval veroordeel.

“Hierdie misdadigers het genadeloos opgetree en die lewe van onskuldige mense geneem. Gesoute speurders ondersoek die saak om te verseker dat die verdagtes aan die pen sal ry,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Wilma ·

Kla die govt van SA aan van moord. Hul gee ni n duit om vi ons landsgenote ni

LMF ·

Gesoute speurders genade al SA se gesoute speurders is of dood of in ouetehuise of werk op ander plekke defnitief nie vir die sapd nie

Leahim ·

Gesoute speurders wat n grap ,hulle word seker so genoem omrede hulle altyd ondersoek en nooit iets oplos nie pleks doen hulle n ordentlike dag se werk dan sal skelms nie in n winkelsentrum inloop en mense skiet nie.

Derick ·

En dan wil ons die RWC aanbied? Ek dink die mense bietjie bang om na RSA te kom. Hulle roof dan tot toeriste ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.