Vyf dood ná voertuig rol

Foto: Twitter via @GTP_Traffstats

Vyf mense is dood en ses ander beseer nadat ʼn minibustaxi Vrydagoggend op die R23-Heidelberg-pad in Brakpan gerol het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die insittendes is uitgeslinger toe die voertuig gerol het. Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle die wrak van die taxi langs die pad gevind.

Vier mans en een vrou wat buite die voertuig gelê het, het reeds aan hul beserings beswyk, het Meiring gesê. Ses ander mense het beserings wat gewissel het van kritiek tot gering opgedoen. Hulle is op die toneel behandel en na verskillende hospitale gehaas.

Volgens Meiring is dit nie duidelik wat die oorsaak van die ongeluk was nie en sal dit deel vorm van die polisie se ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

LeonC ·

Die pad is n ren baan
Lories jaag self’s hier. Ons het al vekeer gesmeek om the help. Been help

snoefie ·

daardie minibustaxi’s get steek engins. kan nie eers dink how dikwels ry ek die 120kphvdan kom daardie volgelaaide taxi soos n blits verbygejaag en laat my voel of ek eintlik parkering soek.

LeonC ·

Dit is ons problem hier.
Hierdie pad is n 80 km per uur maar amal doen 120+ en meer???????

snoefie ·

by wyse van spreuke Leon c. ek het nog nooit die pad waar die ongeluk gebeur het, gery nie. eintlik praat ek van snelweë. al was dit nie gespesifiseer nie.

Ai ·

Ek wonder hoeveel is dood a.g.v roekelose taxi bestuurders? Is dit al meer as dronkdrywers? Het n familie lid verloor a.g.v n taxi wat bestuur het asof die pad aan hom behoort. Solank daar korrupsie is sal daar roekelose taxi bestuurders wees.

Steeds iets nuuts ·

Steeds iets nuuts. Gister in Vanderbijlpark wag die taxi dat die lig oranje slaan vir die kruisverkeer en draai hy dan regs voor jou omdat jy nog moet wag vir die groen lig. Altyd elke dag iets nuuts met ‘n taxi!!

Skim ·

En steeds se mense ons moenie die minibus taxis skuld gee nie, die statistieke kleur ‘n skokkende prentjie in, maar almal draai ‘n blind eye, keep on doing it and the problem is never going to end. Geen law enforcement, geen regulering, geen padwaardigheidstoetse nie, geen vaardigheidstoetse vir bestuurders, sommige lisensies is gekoop, hulle ry steeds soos hulle wil, maar as ons kla word ons verwys na BMW eienaars en alle ander motors wat so WILD ry, wel wel .. kyk hoeveel minibus taxis was net die afgelope twee weke in ongelukke .. as jy niks doen aan die probleem nie, gaan dit aangaan.

dries ·

Iets sal moet gebeur met hierdie Taxis so kan dit nie aangaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.