Vyf dood, talle vas ná gyseldrama by kerk

Van die vuurwapens waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

Die polisie het meer as 40 verdagtes in hegtenis geneem in verband met die aanval en gyselaarsdrama by die International Pentecostal Holiness Church in Zuurbekom aan die Wes-Rand.

Die polisie is vroegoggend van ʼn gyselaarsdrama en skietery by die kerk in kennis gestel waarna polisiebeamptes en later ook lede van die weermag na die toneel ontbied is.

Volgens brig. Vishnu Naidoo, polisiewoordvoerder, het ʼn groep gewapende persone op die perseel toegesak en mense aangeval.

“Ons ondersoek die moontlikheid dat die aanval verband hou met ʼn vete tussen verskillende partye in die kerk.”

Vier mense is geskiet en hul liggame is in ʼn uitgebrande motor gevind. ʼn Veiligheidswag wat glo op die voorval gereageer het, is ook in sy motor doodgeskiet. Mans, vroue en kinders wat glo op die perseel woon is tydens die aanval as gyselaars geneem.

Foto: SAPD

Minstens 40 verdagtes is in hegtenis geneem, insluitend ses mense wat beserings opgedoen het en onder polisiebewaking in hospitale opgeneem is. “Van die verdagtes sluit onder meer ook lede van die polisie, die weermag, die Johannesburgse metropolisie en amptenare van die departement van korrektiewe dienste in.”

Daar is op 34 vuurwapens beslag gelê. “Die misdaadtoneel word steeds verwerk en die bevestigde aantal inhegtenisnemings en vuurwapens waarop beslag gelê is, kan nog verander terwyl lede van die spesiale taakmag, taktiese reaksie-eenheid en sigbare polisiëringseenheid die toneel fynkam.”

Genl. Khehla John Sitole, nasionale polisiekommissaris, het die provinsiale polisie geloof vir hul vinnige optrede.

“Ek het die provinsiale bestuur opdrag gegee om sy voorlopige ondersoek na die voorval so gou as moontlik af te handel om te verseker dat almal wat by die aanval betrokke was verantwoordelik gehou word.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Porseleintjie ·

Bravo Suid-Afrika!!!! Die verdagtes almal uniformdraers. Hoop die buitelanders kry die berig onder oë.

Boortor ·

En hulle laat hierdie klomp los om ons “op te pas”! Liewe hemel cyril! Wat gaan aan in jou land?? Cyril,cyril…kom in cyril…cyril hoor jy ons? Kom in cyril.,..

Flip ·

Sal graag wil hoor wat die volgende te sê het oor hierdie aangeleentheid:
1) bheki hoed cele oor die wapens en klere van die polisie wat hier gebruik is
2) rampspoedig oor die feit dat sy korrupte polisie, weermag en ander amptenare betrokke is
3) krieket S.A. oor hulle blm nuus. Wonder of hulle vir hirdie ook die knie gaan buig?
4) blm in algeheel, gaan hulle ook so tekere gaan omdat hier 5 mense vermoor is deur swartes?
Die wereld is deurmekaar…..

Gemaskerde Sopbeen ·

Eerste keer dat ek hoor Kerkskeuring word met wapens, ‘n gyselaarsdrama en inhegtenisneming hanteer. Elke dag nog ‘n ding in Suid-Afrika.

4ntj13 ·

Uiters interessante “vuurwapens” met rooi stele, en ander, op die regterkant op die foto! Dit laat mens wonder wat nou éíntlik hier gebeur het: Is mense gyselaar gehou met slotbrekers of is mense met slotbrekers gyselaar gehou??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.