Vyf dood, tiener kritiek ná botsing

(Argieffoto: Pixabay.com)

Vyf mense is dood en ʼn tienermeisie kritiek beseer toe twee voertuie Saterdagaand op die N4 naby Malelane in Mpumalanga gebots het.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, het die dodetal bevestig, maar gesê baie min inligting is tans beskikbaar.

Volgens Mmusi het die ongeluk omstreeks 19:15 plaasgevind toe twee sedanmotors gebots het. Die vyf oorledenes is op slag dood.

Mmusi sê ʼn 14-jarige meisie is met kritieke beserings na ʼn hospitaal in Mbombela gehaas.

Meer inligting sal mettertyd bekendgemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Pensioenaris ·

Spoed en sperstrepe wat weereens verontagsaam is. Party mense ry soos maniakke en padreëls bestaan hoegenaamd nie. Die resultant? Groot getalle sterftes in kop-aan-kop botsings elke keer.

Ai tog.. ·

Was jy daar? Gee asb meer inligting?
Klink of jy alles weet, dit kom seker met ouderdom.

Pensioenaris ·

Liewe Ai tog, nee ek was beslis nie daar nie. Maar enige regdenkende en verkeersreëlgehoorsame burger wat sy kop gebruik en oë het, kan elke dag sien wat op ons paaie gebeur.

Annemarie Mckenzie ·

Dis hartseer.
Julle het geen idee wat die oorsaak was. Dink dis onnodig om hierdie tipe kommentaar te lewer.

James ·

Pensionaris weet wat van gepraat word.
Ek sien dit daagliks gebeur.

Koos de Meyer. ·

Mense en ons mede lands burgers gee nie ‘n vlenter om vir sperstreep en pad reëls nie. Die onskuldiges ly altyd daar onder

Cobus Panther ·

As jy sien wa ek elke dag ry dan is die tipe ongelukke nie vebasend nie…gaan by geelstrepe en oor soliede lyne teen hoe spoed by jou verby….

Justin ·

Jy is reg Koos, maak nie saak wat die oorsaak is nie, die onskuldige ly altyd daaronder.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.