Vyf dood toe vliegtuig val naby Kaapstad

Tygerberg-natuurreservaat

Tygerberg-natuurreservaat

Vyf mense is dood toe ’n ambulansvliegtuig van Namibië Sondagoggend naby Kaapstad neergestort het.

Volgens die Wes-Kaapse polisie het die ongeluk omstreeks 08:15 in die Tygerberg-gebied naby Durbanville plaasgevind. Die ambulansvliegtuig was van Namibië onderweg en dit is nog nie duidelik waarheen die vliegtuig op pad was nie. Volgens die polisie is die ongelukstoneel moeilik toegangbaar.

eNCA berig intussen die oorledenes is vier mediese personeellede en ’n pasiënt. Die ongeluk het glo plaasgevind weens ’n fout met die nasionale radarstelsel.

Deborah Francis, woordvoerder van die lughawensmaatskappy (Acsa) in Kaapstad, het aan Maroela Media gesê hulle het omstreeks 07:00 opdrag van die lugverkeer-en-navigasie-agentskap (ATNS) gekry om alle vlugte te staak. Lugverkeer is omstreeks 08:00 weer hervat.

Francis het gesê sowat 13 vlugte by die Kaapstad Internasionale Lughawe word deur die vertragings geraak en dat hulle poog om weer op skedule te kom. Percy Morokane, woordvoerder van ATNS, kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie. Phindiwe Gwebu, woordvoerder van die Burgerlugvaartowerheid, kon ook nie vir kommentaar bereik word nie.

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, het gesê daar is radiokontak met die ambulansvliegtuig verloor waarna vlugte gestaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Ag nee, dis tragies! Hoe gebeur dat dat ‘n nasionale radarstelsel ‘n fout het? Is daar net niks meer in Suid Afrika wat reg gedoen of onderhou word nie?

JC Nel ·

Stem saam ja. Baie hulle kontak verloor word vlugte gestaak, maar wat van die wat reeds in die lug is? Absoluut pateties!!

Windhond ·

Daar is duidelik baie meer agter die storie as net die verlies van lewens. Kannie wag dat Maroela Media agter die kap van die byl kom nie.

sallie ·

Ons nuwe Suid Afrika dit is onaanvaarbaar om so lewensverliese te he

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.