Vyf dood toe woonstel brand

ʼn Familielid van die oorledenes het die brand glo gestig (Foto: KZN VIP Protection Services, Facebook)

Vyf mense, onder wie ʼn driejarige, is dood toe ʼn brand Maandagoggend by ʼn woonstel in Phoenix, KwaZulu-Natal, ontstaan het.

Volgens brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, ondersoek die polisie ʼn saak van brandstigting en moord ná die brand na bewering deur een van die inwoners van die woonstel gestig is. Dit volg nadat ’n rusie glo tussen die inwoners van die woonstel uitgebreek het.

Naicker sê die polisie is net na 03:00 na die brandende woonstel in Kidstone Place, Phoenix, ontbied.

“Sewe inwoners het daarin geslaag om ongedeerd uit die woonstel te ontsnap, terwyl vyf – tussen die ouderdomme van drie en 37 jaar – in die brand omgekom het,” bevestig Naicker.

Volgens Naicker is die polisie op soek na ʼn 57-jarige inwoner – ʼn familielid van die oorledenes – wat met die brandstigting verbind kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.