Vyf dood, twee gewond in Nyanga-skietery

Argieffoto.

Die polisie se taxi-taakspan in die Wes-Kaap ondersoek ʼn skietvoorval Maandagaand in die Nyanga-nedersetting wat die lewe van vyf mense geëis het. Nog twee mense is gewond.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, sê sewe mense het omstreeks 21:30 in ʼn minibustaxi in Sihlanuweg naby die Nyanga-busterminaal gesit toe gewapende mans hulle genader en op hulle losgebrand het.

“Vier mans, tussen die ouderdom van 30 en 36, is op die toneel doodgeskiet,” sê Potelwa.

“Die ander drie insittendes is tydens die voorval gewond en na ʼn hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.”

Een van die insittendes wat gewond is, is later in ʼn hospitaal dood.

“Die ondersoekspan volg spesifieke leidrade op om die gewapende mans op die spoor.”

Potelwa sê die motief vir die aanval hou moontlik met struwelinge in die taxibedryf verband.

ʼn Saak van moord en poging tot moord word ondersoek.

Die skietery volg kort ná ʼn soortgelyke voorval Maandagmiddag op ʼn stasieplatform in die Kaapstadse middestad.

Maroela Media het vroeër berig verdagtes het op mense losgebrand voordat hulle al skietend in verskillende rigtings op die vlug geslaan het.

Ses mans en ʼn vrou in ʼn rolstoel is in die voorval gewond en na ʼn hospitaal geneem.

ʼn Verkeersbeampte het een van die verdagtes, ʼn 31-jarige man, kort ná die skietery vasgetrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Persheks Adri ·

Taxi mafia!!! Wanneer word hulle permanent verwyder pffft?

Marius ·

Wanneer gaan die regering besluit genoeg is genoeg nou ? Hoed Cele , hou op om net te monitor en doen daadwerklik iets om te vehoed dat nog meer onskulidigge mense vermoor word .

Jakes ·

SA is nie verniet die 5 de gevaarlikste plek in SA nie. Dit sal ook nie meer lank wees voor hulle die 1ste plek sal inneem nie,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.