Vyf dood, vier beseer in gru-ongeluk

Die botsing op die N3 naby Shongweni in KwaZulu-Natal (Foto: Verskaf)

Vyf mense is dood en vier ander beseer in ʼn botsing tussen twee voertuie op die N3 naby Shongweni in KwaZulu-Natal.

Ceron Lennox, woordvoerder van Rescue Care, sê die botsing het Woensdag net ná 17:00 gebeur.

“Daar was absolute verwoesting oor dié gedeelte van die N3 gesaai toe nooddienste op die toneel aangekom het,” sê Lennox. “Verskeie passasiers het buite hul motors op die teerpad gelê weens die trefslag van die botsing.”

Volgens hom het drie mans en twee vroue met die aankoms van die nooddienste geen tekens van lewe getoon nie. Lennox sê al vyf mense is op die toneel dood verklaar weens hul veelvuldige beserings.

Vier ander mense was in die twee motors vasgekeer en meganiese toerusting is gebruik om die insittendes uit die motorwrakke te bevry.

“Gevorderde lewensondersteuning-paramedici is na die toneel ontbied om die vasgekeerde pasiënte te stabiliseer totdat hulle bevry is,” sê hy.

Al vier beseerdes is na die hospitaal gehaas vir dringende mediese behandeling.

Polisiebeamptes was op die toneel en die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Dina ·

So lyk die slagvelde van SA. Ek doen net wat ek wil. Ek lewe soos ek wil. Dis my reg. My persoonlike life style. Ek bestuur ook nes ek wil. Drink en gebruik dagga of waarvoor ek ook al voor lus voel voor ek op pad gaan. Dis my reg. My mensereg. En uiteindelik…loop ek myself baie, baie deeglik vas, ongelukkig ten koste van talle en talle onskuldige slagoffers wat saam met my die pad gebruik. So gaan dit in ons goeie land. Jy is jou lewe deesdae nie seker as jy jou voet by die huis uit steek nie. Soms hoef jy nie eens by die huis uit te gaan nie… So gaan dit in die land van bloed.

Jacqueline ·

Dina dit is n raak beskrywing. Ons land se paaie is n slagveld – dit is hartseer om elke dag te lees van noodlottige ongelukke en die fees seisoen het nog nie eens aangebreek nie.

Rina Pretorius ·

niemand weet wat die omstandighede was wat die ongeluk veroorsaak het nie dus is dit beter om nie uitlatings te maak nie. Onthou dat die paaie nat is en dit alleen is reeds ‘n gevaarlike situasie, ‘n dier in die pad kon ook die oorsaak gewees het dat iemand moes uitswaai ens ens. Wees versigtig wat julle se, dit maak die naasbestaandes nog seerder as wat dit nou reeds is. Sterkte aan almal betrokke

Dries ·

Ek het tyddeel akkommodasie aan die Suikus van KZN en reis gereeld van Pretoria na KZN. Die pad tussen Pietermaritzburg en Durban is ‘n nagmerrie. Die mense ry soos beserktes, gaan links en regs van jou verby teen ‘n spoed wat lyk of jy agteruitry as jy teen 120km/h ry. Ek verhuur of bank die afgelope 4 jaar die akkommodasie en gaan hou vakansie op ander plekke.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.