Vyf familielede in huis doodgeskiet

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Amirali Mirhashemian/Unsplash)

Vyf lede van ʼn familie is Woensdagoggend in hul huis in Tsolo in die Oos-Kaap doodgeskiet.

Die slagoffers, wat in die Tshisane-nedersetting gewoon het, was tussen 18 en 82 jaar oud.

Vier verdagtes, tussen 22 en 32 jaar oud, is later op dieselfde dag in verband met die moorde deur die polisie in hegtenis geneem. Die mans sal na verwagting Vrydag in die Tsolo-landdroshof op aanklagte van moord verskyn.

Brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, sê die slagoffers het glo geslaap toe die verdagtes hul kamers in die huis binnegegaan en op hulle losgebrand het.

“Die polisie ondersoek vyf sake van moord.”

Die polisie sê die verdagtes woon vermoedelik in dieselfde omgewing as die oorledenes. Die motief vir die moord is egter nie in dié stadium bekend nie.

Die ondersoek duur intussen voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.