Vyf fietsryers beseer toe motor hulle tref

Argieffoto (Foto: Free-Photos/Pixabay)

Vyf fietsryers is Sondagoggend op die M4 naby Umhlanga in KwaZulu-Natal beseer nadat ʼn motor hulle getref het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 07:50 na die toneel naby die M41-afrit op die M4 ontbied. “Die bestuurder van ʼn ligte motor het in die vyf fietsryers geploeg en daarna van die toneel gevlug,” het hy verduidelik.

Die fietsryers, almal volwasse mans, het matige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer en daarna na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die betrokke owerhede was op die toneel en stel verder ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Hannetjie ·

Wat moet fietsryers nog doen om sigbaar te wees.Dit is asof hulle net geminag word…diesulkes wat hul skuldig maak..moet hard deur die howe geslaan word

Deon ·

Hoeveel keer sien mens nie dat hulle 2 of 3 langs mekaar ry sodat mens agter hulle moet stop wanneer daar verkeer vd teenoorgestelde kant af kom voordat jy hulle kan verbysteek. Hulle kan ook in baie gevalle ongelukke verhoed deur agter mekaar te ry.

Dirk ·

Deon, jy is nie veronderstel om verby hulle te ry is daar ‘n voertuig van voor af kom nie (jy moet verby hulle ry deur die aankommende baan te gebruik)! Deur langs mekaar te ry verhoed hulle dat ‘n persoon verby hulle ry met ‘n motor terwyl daar ‘n voertuig van voor kom. Motorverbruikers het absoluut geen respek vir fietsryers nie (jy’t sopas my punt bewys).

In die VK ?? het motoriste baie meer respek vir fiets as hier in SA- daar respekteur hulle die wet en fietsryers.

Nico ·

Deon, dit is ook bewys dat fietsryers wat langs mekaar ry, baie meer opsigtelik is as fietsryers wat enkel agter-mekaar ry. Oorsee is daar geen probleem met fietse langs mekaar nie, maar in Suid Afrika is daar mos die houding dat fietsryers nie tel nie, want hulle betaal kwansuis geen lisensie geld nie, so, “what the hell!”

J van Rustenburg ·

Verstaan ek nou reg Jy se dis hulle reg om langs mekaar te ry en ‘n kar moet hulle verby vat asof dit ‘n voertuig is En as daar ‘n sper streek is moet die karre teen 40km/h ry tot die sper streep eiendig en hulle dan eers verby vat

Dirk ·

J van Rensburg, ja dit is presies wat gesê word. Hoekom moet jy die risiko verhoog nét omdat geduld nie gewys word nie?

Seeskulp ·

Eenvoudige antwoord…motoriste het padreëls om na te kom en te respekteer wanneer daar fiets ryers ry sowel as die ouens op hul fietse het reëls om na te kom en die motoriste te respekteer… Word een vd twee ge-ignoreer gebeur daar sulke ongelukke. Mense wette en reëls is daar as veilige grense.

PJC ·

As ń mens na SA motoriste se daaglikse padgedrag kyk is dit duidelik ń baie groot persentasie van hulle roekeloos en nalatig bestuur en geen respek het vir enige iemand om hulle nie. As ek ń fietryer was sou ek dit liewers nie op die pad gewaag het nie. Jy is nie eers meer jou lewe seker in ń motor nie.

Skerpioen ·

Dis omdat niemand niks meer vir di ander ou gun nie. Daar bestaan nie meer iets soos geduld en verdraagsaamheid en vriendelikheid nie. Maar ja…die wêreld is mos die duiwel sin…..

Skyspy007 ·

Onthou, fietsryers gebruik dieselfde paaie en hulle (fietsryers) het geen respek vir motoriste nie en dieselfde wette geld vir hulle. Hulle reken die pad behoort aan hulle. Jammer om van die insident te hoor……

Vraagteken ·

Skyspy007. Hoe is dit moontlik dat die persoon wat op die fiets en kwesbaar is, geen respek vir motoriste het nie?

J van Rustenburg ·

Meeste paaie is maar net nie breed genoeg vir ‘n fiets en ‘n kar as daar ‘n voertuig van voor af kom nie In so geval gaan fietsryers altyd tweede kom Ek kan nie verstaan hoekom fietsryers vasbyt om op onveilige paaie te ry nie En dis nie hulle reg om op paaie te ry waar voertuie as gevolg van hulle dan stadiger moet ry nie

Naas Vermaak ·

Ek sien uit jou kommentaar jy’s n redelike ou…ja, jy’s reg, dis nie fietsryers se reg om op paaie te ry wat jou stadiger MOET laat ry nie….dis wel hulle reg om enige plek te ry en dis hulle reg om te verwag dat mede padgebruikers versigtigheid aan die dag sal le en ALMAL se veiligheid in ag sal neem….klein bietjie geduld en almal kom veilige en tevrede by hulle bestemming aan. …dis kan tog nie SO belangrik wees dat spoed nie bietjie verminder kan word nie…en as jy uitkyk vir iemand anders en nie net aan jouself dink nie voel jy beter oor jouself en is in die algemeen ‘n positiewer mens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.