Vyf fietsryers in Brakpan-ongeluk beseer

Argieffoto

Argieffoto

Vyf persone is beseer nadat ses fietsryers mekaar Sondag op die Heidelbergpad in Brakpan, Gauteng, getref het.

“Die ses fietsryers het in mekaar vasgery en geval,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Een man het kritieke beserings opgedoen. Hy is met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem. Vier van die persone is ernstig beseer en hulle is op die toneel behandel voordat hulle na ʼn hospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling.”

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

Die ongeluk het groot verkeersopeenhopings veroorsaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Peet Schabort ·

Sal graag wil weet wat hier gebeur het. Mens val jou gaai af met al daardie uitsteeksels van jou- en ander fietse. Net genade dat daar nie ook ‘n voertuig oor hulle is. Geen fietsbane in S.A. is merendeels die oorsaak tesame met onnosel fietsryers EN motoriste.

Tharina ·

Dit was ‘n fietswedloop wat plaasgevind het. Die EMPD en ander beamptes was betrokke. Die paaie was wel afgesper vir motoriste. Die fietsryers het in hulleself vasgery, shame!

Dennis ·

Ja het ook in die verkeer gesit Sondag toe fietsryers hul ding doen in Boksburg ,Motor verkeer moet maar geduldig sit en Branstof verbrand terwyl fietsryers wat geen brandstof gebruik voorkeer geniet. Dit is maar ‘n gemors as die manne eers pad vat met hulle twee wiele “Te Hel” met die ander pad verbruikers

Johan Kriek ·

Skakel jou motor af. Dan gebruik jy geen brandstof nie.

Johan Kriek ·

Fietsryers ry dikwels inbondels tydens wedrenne. Hulle volgafstand is ook baie klein. As daar fout gaan voor is dit ‘n groot gemors.

Iets wat ook bydrae tot ernstige besering is dat fietsryers nie beskermde klere dra nie, dit is nou behalwe die valhelm.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.