Vyf gered ná hospitaaldak ineenstort

'n Gedeelte van die dak by Charlotte Maxeke-hospitaal het op 2 Maart 2017 ineengestort (Foto: ER24)

‘n Gedeelte van die dak by Charlotte Maxeke-hospitaal het op 2 Maart 2017 ineengestort (Foto: ER24)

Die Gautengse departement van gesondheid het Donderdagaand gesê vyf mense is beseer toe ʼn gedeelte van die dak van die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal vroeër die dag inmekaargestort het.

Die departement het in ʼn verklaring gesê die beseerdes bestaan uit twee konstruksiewerkers, twee lede van die publiek en een personeellid.

“Die voorval het plaasgevind toe private konstruksiewerkers herstelwerk gedoen het aan ʼn gedeelte van ʼn dak wat gelek het,” het die departement gesê.

Dr. Gwen Ramokgopa, Gautengse LUR van Gesondheid, was op die toneel en het die publiek gerusgestel dat die voorval beperk is tot die hoofingang na die hospitaal en nie ʼn bedreiging is vir die res van die instelling nie.

Geen lewensverliese is aangemeld nie.

Maroela Media het vroeër berig die dak het Donderdagmiddag by die hospitaal in Parktown, Johannesburg, ineengestort. Reddingspanne moes van spesiale toerusting gebruik maak om verskeie punte van die gebou te stabiliseer vir verdere veiligheid. Die reddingspanne het van ʼn honde-eenheid gebruik om te bepaal waar persone moontlik onder die puin vasgekeer is.

Verskeie paramedici was op die toneel om die beseerdes te behandel. Die betrokke gebied is afgesper vir verdere ondersoek.

Jack Bloom, woordvoerder van die Demokratiese Alliansie, het gesê die hele hospitaal moet dringend ondersoek word om te bepaal of dit veilig is. Hy het gesê hy het vantevore al die kwessie oor die strukturele defekte op die gebou se vyfde vloer aangeroer. Volgens hom benodig die vloer minstens R50 miljoen se dringende herstelwerk. “Die personeel by die hospitaal is vantevore gewaarsku oor dakke wat lek en ander strukturele probleme in die gebou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Rika ·

Jaaaaa!!! Daar het jy dit nou!!!!! Kan nie vooruit beplan nie en ook nie sorg dat instandhouding gedoen word nie!!!!!

Johann ·

En absoluut niks gaan hiervan kom nie! Die LUR en Minister sidestep ALLE verandwoordelikhede. Of dit nou massa moord is op pasiente of hospitale wat inmekaar janter….nnnnooooit hulle verandwoordelikheid nie

Johan. H. ·

Nou staan almal rond, Pik Verward, Wonder wat het gebeur,,, Ek kan op die foto alleen sien wat het gebeur, Daagvaar al die betrokkenes,dis al hoe hulle leer, Maar kry die regte advokaat,, een wat spesialiseer in die spesifieke gevalle,

Cherokee ·

Ek hoop jy besef jy praat nou nie slegs van die ANC nie maar spreek ook elke enkele DA-kieser aan, want die DA en diè wat vir hulle stem ondersteun die ANC met dit wat ‘regstellende aksie genoem word’. Dit lyk egter nie asof regstellende aksie die regte stellings gedoen het by die hospitaaldak en vele ander plekke nie.

Jean ·

Hierdie is ‘n absolute GRAP. Dit wys jou net erens braai al die kierankies uit, maar ongelukkig ten koste van onskuldige mense. Julle onderhou nie die plekke nie, omdat julle die GELD UITMORS op luukshede, salarisse en parties en duur karre. Die GESONDHEIDSORG in SA is absoluut skokkend. Was dit nie vir privaathospitale nie, was nog 30% van die bevolking al dood. Daar is soveel klagtes en onnodige sterftes in Staatshospitale wat daagliks aangemeld word, dan word daar verskoning voor gesoek. Nou word die kontrakteur weer die skuld gegee. Kom ek wed jou, seker weer ‘n vriend van die ministers of raadslede. Dis mos hoe die tenders toegeken word, aan vriende of familie. R50 miljoen? Wat julle waar kry? Daar was al waarskuwings, maar NEE alles word geignoreer, hulle wag tot die hele plek inmekaar val. MAINTENANCE was nog nooit groot op AFRIKA se agenda nie. Wag tot alles inmekaar val en bou dan nuwe met geld wat julle nie het nie!

Hester ·

Op n ander nuusblad se hul die oorsaak is die kontrakteurs wat nie seker gemaak het dat die dak almal se gewig kan hanteer nie. Bedoelende dat daar seker swaar masjinerie gebruik was want andersins kan ek nie verstaan dat n dak nie mense se gewig kan dra nie. En dan is dit seker daardie BEE maatskappye wat besig was op die dak sonder on behoorlike ondersoek te doen na die toestand van die dak. Hul was seker besig met lap en seellaar en gehoop dit sal dak bymekaar hou

Jos ·

Hoor op radio nuus minister blameer boukontrakteur. Tipiese ontkenning van staat vir aanspreeklikheid nes SAUK en SASSA debakels.

Sekerlik moet daar ‘n proses wees vir bou en/of herstelwerk waar eerstens ten minste 3 kwotasies gekry moet word vir die presiese besonderhede van herstelwerk wat verlang word en dan moet kontrakteurs ‘n kwotasie met presiese besonderhede indien van hoe hulle die werk gaan doen en na werk gedoen is moet dit goedgekeur word deur ‘n inspekteur voor betaling gedoen kan word, nou hoe kan jy die kontrakteur verantwoordelik hou.

Hierdie is ‘n staats gebou, hoe kan jy die kontrakteur verantwoordelik hou, en boonop lyk dit op die foto’s asof daar gepoog is om die lekkende sinkdak voorheen met sement seel. Gewig waarvoor die die struktuur nie voorsiening maak nie en moontlik net nie die gewig meer kon hanteer toe werkers op die dak klim nie.

My raaiskoot is dat die ding toegesmeer gaan word met iemand wat lekker konfyt op die broodjie gaan kry om verantwoordeleik te aanvaar.

Jos ·

Sien berig: [Foto’s en video] Persone steeds vasgekeer onder puin by Jhb-hospitaal.
en Foto: ‘n Gedeelte van die dak by Charlotte Maxeke-hospitaal het op 2 Maart 2017 ineengestort (Foto: ER24).

Hoor op radio nuus minister beskuldig dat hulle stuk sement skuif en op dak plaas wat ineenstorting veroorsaak, hahaha. Gaan kyk na die foto van Er24 in bogenoemde vorige berig en mens sal sien dat daar voorheen gepoog is om die sinkdak se lekkasies met sement toe te smeer. na ‘n sekere tyd kraak die sement en die dak lek weer en moet weer herstel word, hahah. Die keer was die gewig van die werkers saam met die sement net te veel vir ‘n sinkdak ontwerpte struktuur. sien my vorige komentaar oor verantwoordelik en aanspreeklikheid. Defnitief nie die kontrakteur nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.