Vyf gesinslede dood in huis op plaas gevind

(Argieffoto)

Die eenheid vir georganiseerde misdaad in die Vrystaat lei die ondersoek na die moord op vyf gesinslede op ’n plaas naby Harrismith.

Die liggame van Mgwenika John Twala (46), Sonto Selina Maloka (41) en hul drie kinders, Zama Maloka (20), Mfanafuthi Justine (17) en Nompumelelo Emily (6), is Saterdagoggend in ’n huis op die plaas gevind.

Die man en vrou se liggame is in ’n kamer langs mekaar met verskeie steekwonde elk aangetref. Hul seun en dogter, Mfanafuthi en Nompumelelo, se liggame is in dieselfde kamer gevind. Hulle het ook verskeie steekwonde opgedoen en Nompumelelo is vermoedelik ook gewurg. Die ander seun, Zama, se liggaam is in ’n ander kamer gevind. Hy het ook steekwonde opgedoen. Nadoodse ondersoeke sal gedoen word om die presiese oorsaak van dood vas te stel.

Volgens brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het ’n tradisionele geneser wat glo ’n afspraak met die gesin gehad het, die grusame ontdekking gemaak.

“Die tradisionele geneser het met sy aankoms by die huis glo opgemerk dat die deur nie gesluit is nie. Hy het aan die deur geklop, maar daar was geen antwoord nie. Hy het ’n ruk buite gewag en nadat niemand geantwoord het nie, het hy die deur oopgestoot en ’n hand by die sitkamerdeur sien uitsteek. Hy het die buurman in kennis gestel waarna die polisie ontbied is.”

Makhele het gesê die motief vir die moorde is die stadium nog nie bekend nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het haar skok oor die voorval uitgespreek. Sy het die voorval as barbaars beskryf en ’n beroep op die plaaslike gemeenskap gedoen om die polisie met inligting te help sodat die skuldiges aangekeer kan word.

Sefora Ntombela, premier van die Vrystaat, het op haar beurt gesê geweldsmisdaad, veral op plase, is ’n ernstige rede tot kommer. “Ek is kwaad oor hierdie gruwelike en barbaarse daad van geweld en wil graag ons innige meegevoel betuig met die familie en vriende van die oorledenes,” het die premier gesê.

Enige iemand met inligting oor die voorval word versoek om kapt. Boy Makubo te kontak by 082 332 3418 of Stop Misdaad by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Wikkelwillie ·

Hierdie een sal aandag trek. Ek hoop die skuldiges word vinnig vas getrek

Anel ·

En ek het dan gedink dat daar nie so iets soos plaasmoorde is nie, volgens CR en sy travante. Wat het nou verander?

Persheks Adri ·

Sangoma ontdek hulle na hy ‘n afspraak gehad het by hulle? Hierdie mense met hulle sangoma gemors darem…

SomeOne ·

spekulasie: begin die ondersoek by die sangoma, sy handlangers en lede

Boerkind ·

Skielik is die “minister” geskok… ek wonder waarom?? Is dit nie juis ‘n amper daaglikse gebeurtenis op ons plase nie?

Pieter ·

Plaasmoorde se bose gees sprei wyer. Hoe meer plaasmoorde ontken en deur politieke magte aangevuur word, hoe wyer kring die boosheid uit totdat dit almal raak. Stop ‘n vuur voordat dit skade berokken, eenvoudige wysheid wat ontbreek in Suid Afrika. Jy gaan self jou vingers verbrand.

Hennie ·

Nice Minister! Jy spreek jou skok uit omdat die gesin SWART is. Geen ander rede nie! Jy kan in elk geval nie minder omgee nie, jou siellose wese!

JohanR ·

En Bheki Cele het dadelik in sy voertuig gespring en strand toe gejaag!

Tiptol ·

Hoed, waars jy? Hier is ‘n kans om voor die kameras te verskyn.

Casper ·

Dit is so alledaags dit is nou ons nasionale sport.Jammer die blankes is meeste van die tyd aan die verloorkant.

Anoniem ·

Iets klink nie pluis nie. Sal die Polisie so vinnig optree soos met die plundery?
Plaasmoorde bestaan mos nie volgens CR nie! WREED

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.