Vyf gesinslede het Sondagaand in die Oos-Kaap verkool nadat die bakkie waarin hulle gery het aan die brand gesteek is.
Kol. Sibongile Soci, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die gesin het familiegrafte in Mamabalweni in Ntabankulu gaan besoek, toe hulle omstreeks 20:00 deur ʼn onbekende hoeveelheid mense aangeval is. “Die slagoffers was in die gebied om eerbied aan afgestorwe familielede te betoon,” het Soci gesê. “Dieselfde gesin is in Mei verlede jaar ook daar aangeval en hul huis is aan die brand gesteek. Hulle het daarna na ʼn ander dorp verhuis.”
Die polisie ondersoek die voorval. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. – SAPA
Nou waarom het hulle dit gedoen?
En dan was daar seker ook kinders in die motor gewees?