Vyf gesinslede verkool in bakkie

crime scene tapeVyf gesinslede het Sondagaand in die Oos-Kaap verkool nadat die bakkie waarin hulle gery het aan die brand gesteek is.

Kol. Sibongile Soci, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die gesin het familiegrafte in Mamabalweni in Ntabankulu gaan besoek, toe hulle omstreeks 20:00 deur ʼn onbekende hoeveelheid mense aangeval is.  “Die slagoffers was in die gebied om eerbied aan afgestorwe familielede te betoon,” het Soci gesê. “Dieselfde gesin is in Mei verlede jaar ook daar aangeval en hul huis is aan die brand gesteek. Hulle het daarna na ʼn ander dorp verhuis.”

Die polisie ondersoek die voorval. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

Nou waarom het hulle dit gedoen?
En dan was daar seker ook kinders in die motor gewees?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.