Vyf gevonnis ná kaping by bestuurskool

Argieffoto

Argieffoto

Vier jong mans is Vrydag in die Ntuzuma-landdroshof gevonnis in verband met ʼn kaping by ʼn toetsterrein van ʼn bestuurskool in Inanda, KwaZulu-Natal.

“Sabelo Gumede (20), Sizwe Msweli (23), Mfundo Nsele (19), Sabelo Nxumalo (27) en Siyanda Xulu (22) is elk tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir die kaping,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.

Die slagoffer en sy meisie het op 11 April vanjaar na die toetsterrein gestap toe die verdagtes hulle voorgekeer het. “Hulle het die motorsleutels geëis, maar die slagoffer het geweier om dit te oorhandig,” het Zwane verduidelik. “Hulle het op hom geskiet en die selfone en die motorsleutels gesteel.” Die Inanda-polisie het ʼn saak van kaping ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Krisjan ·

Fantasties. Dit gee die knapies ‘n geruime tydjie om te dink oor wat hulle gedoen het…

Bruno Stef ·

Ek lees in die opskrif 5 persone maar in die vonnis oplegging is daar ook 5 persone terwyl die eerste paragraaf se 4 persone, Dit is n bietjie verwarrend.

HEVW ·

Wanneer iets met geweld van iemand geneem word praat ons eerder van roof, beroof as gesteel.

CHRISTA ·

Dink julle hulle gaan vir die HELE 15 jaar sit? Hulle gaan weer na 3 of 4 jaar uitkom! “Mark my words!!!”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.