Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die vyf beskuldigdes is almal familie van mekaar en is in die hooggeregshof in Thohoyandou gevonnis. Madala Nkuna (39) en Vonani Nkuna (24) is albei lewenslange tronkstraf opgelê, terwyl Christopher Nkuna (32) tot 20 jaar tronkstraf gevonnis is en Ntokoza Nkuna (39) en Ernest Nkuna (27) tot 16 jaar tronkstraf elk.
“In April 2014 het die inwoners van die Thomo-nedersetting vir Catherine Nkovani (52) van heksery beskuldig nadat ʼn jonger lid van haar familie aan natuurlike oorsake dood is. Hulle het Nkovani erg aangerand en met klippe bestook, voordat hulle petrol oor haar uitgegooi en aan die brand gesteek het. Sy is later in die hospitaal dood,” het Otto gesê.
Lt.genl. Nneke Ledwaba, die provinsiale polisiekommissaris, het die vonnis verwelkom en gesê hy hoop dit stuur ʼn sterk boodskap na ander lede van die publiek om nie reg in eie hande te neem wanneer hulle iemand van ʼn oortreding beskuldig nie.
Iemand wat in vandag se tyd aan heksery glo… wys jou maar net waarmee ons te doen het…
Gaan maak hierdie stelling van jou voor Kobus Jonker of enige ander lid van die voormalige Teen Okkulte eenheid van die polisie….
Geen wonder Amerikaners praat van SA se “Black Cartoons” nie regtig.
jy hou nie van ‘n heks nie maar gaan na ‘n toordokter toe?
Dis darem regtig baie weed.
Gevonnis lekke in tronk moet gehang word dáarom dat daar so baie geweld is
Barbaars….
Glo nog in hekse, voorvadergeeste en die ANC, selfde mentaliteit.
Daar is wit Santon huisvrouens wat na fortuin vertellers toe gaan, en wit Huisgenoot lesers wat hul “sterre” lees. Wat is die verskil tussen hierdie en glo in voorvadergeeste en hekse?
@Francois le Cochon – die verskil in die Sandtonse huisvrouens wat na fortuinvertellers toe gaan en Huisgenoot-lesers wat die Sterre-artikel lees, is dat nie een van dié mense die fortuinverteller met klippe gooi, slaan en skop en dan aan die brand steek nie. Ek lees ook die “Sterre Voorspel”, maar meesal lag ek daaroor, want dit is net ‘n klomp snert. Ek was al ook by ‘n fortuinverteller, oftewel ‘n ou tannie wat die teeblare “lees” – en daar het nog net mooi boggerôl van haar voorspellings (‘n welaf plaasboer vir ‘n man, vyf kinders ens. ens.) gekom – ek is nog steeds ongetroud met geen kinders nie. Maar ek het nog nooit die begeerte gehad om die ou tannie dood te skop en te slaan en aan die brand te steek nie. BOU NOU ‘N NASIE MET SULKE MENSE!!!
Die volk gaan ten gronde as gevolg van n gebrek aan kennis.
Hekse bestaan, of ons dit wil glo of nie en hulle is enige kleur, hulle lyk soos ek en jy. Daar was eenkeer n program op TV waar n onderhoud met van hulle gevoer was . Die okulte is n werklikheid, Bybel waarsku daarteen en ons moet ons wapenrusting aantrek. Ek stem saam met DMC de Koker en ja Francois le Cochon, daar is geen verskil, daar is meer as een pad wat na die hel toe loop, maar net een smal een na die Ewigheid. Die Here soek ons vir Homself, mens kan nie twee dien nie. Mense moet wakker word en miskien van Rebecca Brown se boeke ook lees, dit sal ook bietjie lig op die onderwerp plaas.
100% stem saam! Onkunde is mense se ondergang!