Vyf gewapende verdagtes doodgeskiet

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

Vyf mans is dood in ʼn skietgeveg met die polisie in Mount Frere in die Oos-Kaap.

Mzukizi Fatyela, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes van die openbare orde-polisiëringseenheid het Woensdagmiddag inligting ontvang oor ʼn groep verdagtes wat glo op pad was om ʼn rooftog uit te voer in Tabankulu, oos van Mount Frere.

“Die beamptes het die verdagtes se voertuig opgemerk en hulle agternagesit. Die verdagtes het op die polisiebeamptes se motor losgebrand en die beamptes het teruggevuur.” Volgens Fatyela is ʼn polisiebeampte in die bors geskiet, maar is sy lewe gered aangesien hy ʼn koeëlvastebaadjie aangehad het.

Die vyf verdagtes, tussen 25 en 30 jaar oud, is almal noodlottig gewond. “Daar is op ses vuurwapens, insluitend aanvalsgewere en meer as ʼn 1 000 rondes ammunisie beslag gelê,” het Fatyela gesê.

Die saak is intussen by die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) aangemeld.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, polisiekommissaris in die Oos-Kaap, het gesê polisiebeamptes in die provinsie is oorgehaal om misdaad hok te slaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Martie Greyling ·

wil hiermee net vir Maroela media dankie se vir puik nuusdekking. julle is tops..

Andrea ·

Knap gedaan! Kry die kriminele uit die pad uit, dan kan ons dalk weer voluit leef in ons mooi land.

KarooKlong ·

So maak mens.
Goeie opvolg werk. Baie geluk met die uitslag SAPD Mount Frere.

Cherokee ·

Net so terloops, iets wat my deur die jare laat wonder het haal ek nou (vir die eerste keer) op en ek sal meer menings as my eie daaroor wil hoor. Wanneer iemand geskiet word en dit is fataal word dit gewoonlik as ‘noodlottig gewond’ bestempel.

Vir my het die woord ‘gewond’ nog altyd gedui op raakgeskiet (of natuurlik raak gesteek of so iets) maar nie fataal nie. Slegs gewond. Ek dring nie aan om as reg beskou te word nie maar sal meer menings daaroor wil hoor.

Kaufman ·

Wond is n plek op die liggaamsoppervlak en moontlik dieper wat deur trauma of skielik beskadig is en kan dodelik wees of nie. Patologiese verslae verwys dikwels na n wond op n lyk. So wonde kan fataal (oorsaak van dood) wees, of dood deur iets anders maar die liggaam kan steeds wonde he, of dit kan nie fataal wees nie en Dan praat ons oor wondgenesing wat moet plaasvind.

Cherokee ·

Dankie vir jou mening Kaufman. Wat jy sê beteken in enkele woorde dat ‘n wond is ‘n opening in die vel van ‘n liggaam hetsy fataal of nie. Uiters beredeneerbaar. Die ander weerhou hulle van opinie.

Tiger ·

Dis mos hoe dit gedoen moet word!Veels geluk SAPD julle het die land BAIE belasting geld gespaar wat sou verlore gegaan het met hofsake en tronkstaf van die klomp misdadigers.

Takkie Takuuza ·

Almal is bly, maar die saak is by OPOD aangemeld. Almal doodgeskiet, slang in die gras.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.