Vyf gewond in skietery by taxi-staanplek

Die gewondes word op die toneel behandel. (Foto: Twitter)

Vyf mense is Vrydagoggend in ’n skietvoorval by ’n taxistaanplek in die Pretoriase middestad gewond.

Brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, sê twee onbekende verdagtes het kort voor 08:00 te voet by die Bosman-taxistaanplek opgedaag en wild en wakker begin skiet. Twee taxi-operateurs en drie passasiers is in die skietery gewond.

Die gewondes is almal op die toneel behandel voordat hulle na hospitale gehaas is vir verdere mediese behandeling.

Die verdagtes is steeds op vrye voet.

Die motief agter die voorval is in dié stadium onbekend.

Jacob Mamabolo, Gautengse LUR vir openbare vervoer en padinfrastruktuur, het die voorval veroordeel en gesê geweld mag nié gebruik word om konflik mee op te los nie.

“Dit is misdaad. Onskuldige lewens, veral dié van passasiers, word bedreig. Daarom doen ek ʼn beroep op diegene wat betrokke is by hierdie onheilspellende optrede om selfbeheersing toe te pas en met mekaar in verbinding te tree om vriendelike oplossings vir hul verskille te vind. Die regering het platforms beskikbaar om te help met die vind van langdurige oplossings,” het die LUR gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Antoinette ·

Daae is te veel onwettige vuurwapens wat wild en wakker gebruik word. Iemand maak baie geld deur die wapens te voorsien. Is daar ‘n taktiese span by die SAP of Valke wie ooit ondersoek instel na waar die boosdoeners dit kry?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.