Kapt. Frederick van Wyk sê die polisie is Vrydagoggend ontbied na ‘n skietery in St. Patricksstraat waar twee taxibestuurder en drie passasiers geskiet is.
“Hulle [die polisiebeamptes] is deur inwoners ingelig dat die twee taxi’s waarop daar skote gevuur is na ‘n hospitaal gehaas het,” het Van Wyk gesê.
Hy sê die omstandighede rondom die skietery is nog nie bekend nie.
Die polisie ondersoek sake van poging tot moord.