Vyf gewond in taxi-skietery

Argieffoto

Argieffoto

Vyf mense is Vrydag gewond in ‘n skietery in Seawinds in Kaapstad, het die Wes-Kaapse polisie gesê.

Kapt. Frederick van Wyk sê die polisie is Vrydagoggend ontbied na ‘n skietery in St. Patricksstraat waar twee taxibestuurder en drie passasiers geskiet is.

“Hulle [die polisiebeamptes] is deur inwoners ingelig dat die twee taxi’s waarop daar skote gevuur is na ‘n hospitaal gehaas het,” het Van Wyk gesê.

Hy sê die omstandighede rondom die skietery is nog nie bekend nie.

Die polisie ondersoek sake van poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.