Vyf gewond toe vier losbrand

Paramedici op die toneel. (Foto: ER24)

Die polisie is op die spoor van vier verdagtes wat Vrydagoggend doodluiters met vuurwapens uit hul motor in Florida aan die Gautengse Wes-Rand geklim en op ’n groep taxibestuurders losgebrand het.

Volgens nooddienspersoneel van ER24 en Netcare 911 is vyf mense in die voorval beseer.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het omstreeks 07:00 by die kruising van Gordon- en Hendrik Potgieterweg plaasgevind.

Die verdagtes het ná die skietery weer in hul Ford Fiesta geklim en op die vlug geslaan. Daar word vermoed dat die voorval met taxigeweld verband hou.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het omstreeks 08:00 by hul aankoms op die toneel ’n man aangetref waar hy in ’n klein winkel gelê het.

Vyf ander het op die sypaadjie gelê.

“Drie mense het verskeie skietwonde opgedoen en was in ’n kritieke toestand terwyl twee ander ernstige skietwonde opgedoen het.”

’n Sesde pasiënt is nié in die skietery gewond nie, maar het wel sy enkel beseer.

’n Saak van poging tot moord word ondersoek.

Die polisie doen ’n beroep op die publiek om enige inligting rakende die voorval by hul naaste polisiestasie of by die misdaadstopnommer 0860010111 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Persheks Adri ·

Die duiwel is los in ons land! Klim uit skiet en ry weer asof niks gebeur het nie joh

Cherokee ·

Jy’s reg Adri. Hul Ford Fiesta moet gekonfiskeer word! Dìt sal hulle ‘n les leer.

JohanR ·

Ek dink nooddienspersoneel moet hare op hulle tande he om met al die geweld in die land te hanteer. As dit nie kar/trok/bus/taxi ongelukke is nie dan is dit skietery, doodslaan, steek, kap, brand en verwoes. En dan praat ons nie eers van die polisie en hospitaal personeel nie…..wat sien hulle nie, en moet reg maak, en reg opereer. Die land is siek siek siek! Kan verkeerd wees maar het iewers gelees 57 mense word elke dag in SA gedood….57 x 365 = 20805.

Cherokee ·

’57 mense’ is dekades oud. En ek oordryf nie, wanneer ek sê dekades. Jy moet somtyds updates doen.

domheks ·

Die “aanvallers” kan nie goed skiet nie! Hulle sal moet opleiding kry. As dit nou bokke was het ‘n mens gese die bok is gekwes…..

JM ·

Die Wilde Weste was mak! Wat so ontstellend is, is dat feitlik elke tweede persoon ‘n vuurwapen het.

Stefan ·

As jy nie ‘n vuurwapen het nie, moenie my vra om jou te kom help as as dit jou beurt is nie.
Sou in elk geval te laat gekom het.

Cherokee ·

Die Wille Weste storie is dekades oud. Soos in toe Suid Afrika nog so kalm soos die Wille Weste van Amerika was. Update jou inligting asseblief!

Persheks Adri ·

In vandag se lewe moet jy ‘n wapen hê ons kan nie anders nie en buitendien het meeste van ons dit al jare lank!

Cecilia ·

Haal d hele spul taxis v ons paaie af dan sal daar minder ongelukke ook sommer wees.

Cherokee ·

En waar gaan die patroon-verkopers dàn ‘n afset kry, Cecelia?

Maggies ·

Klink soos rampokker movies van ouds. Alles wat in die land aangaan is verbysterend. Raak erger elke dag.

Mallie ·

Dit kom daarvan as taxi bestuurders onbevoeg is om hulle passasiers se veilig in gedagte te hou wanneer hulle die passasiers vervoer

LiveAndLetLive ·

Daar moet gekyk word na waar hulle wapens kry – dit is net te maklik in die SA

Dup ·

Hierdie voorvalle wys net weer dat sommiges geen waarde heg aan ñ mens se lewe nie.Jy kan summier tereggestel word as jy in hulle pad staan of as jy nie jou eiendom dadelik oorhandig nie.Daar moet n fout wees in hulle genetiese samestelling om so wreed te kan optree.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.