Vyf in hof ná man glo mensvleis eet

hof-hamer

Argieffoto.

Die vyf mans wat in hegtenis geneem is ná ʼn man by die Estcourt-polisiestasie in KwaZulu-Natal ingestap en aan polisiebeamptes gesê het hy “is moeg om mensvleis te eet”, het Maandag in die Estcourt-landdroshof verskyn.

Natasha Kara, provinsiale woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het aan Maroela Media bevestig die verdagtes het op aanklagte van moord en sameswering om moord te pleeg verskyn.

“Aanklagte van die besit van menslike oorskot kan moontlik bygevoeg word wanneer die ondersoek afgehandel is,” het Kara gesê.

Kara het ook bevestig die mans het hul aansoek op borgtog laat vaar.

Maroela Media het vroeër berig kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het gesê die man wat by die polisiestasie ingestap het, het ook ʼn deel van ʼn mens se been en ʼn hand te voorskyn gebring terwyl beamptes hom ondervra het. Die man is daarna in hegtenis geneem.

Die verdagtes wat Maandag in die hof verskyn het, is Khayelihle Lamula, Nino Mbatha, Sthembiso Sithole, Lindokuhle Masondo en Lungisani Magubane.

Een van die verdagtes wat in hegtenis geneem is, is ʼn tradisionele geneser. Volgens mediaberigte is die mensvleis glo in opdrag van hom geëet. Mbhele kon dit egter nie bevestig nie.

Sy het wel gesê een van die verdagtes was uit op parool. Mbhele kon ook nie berigte bevestig dat die deel van die been en hand wat aan die polisie oorhandig is dié van Zanele Hlatshwayo (25) is nie. Hlatshwayo is volgens die berigte verkrag en vermoor en toe geëet. “Wat ek wel kan bevestig, is dat daar DNS-monsters [van die ledemate] geneem is en dit vir DNS-toetse gestuur is.”

Mbhele het vroeër gesê berigte dat meer as 300 mense van die Estcourt-gemeenskap glo gereeld mensvleis eet, is nie waar nie.

Die saak is tot 28 September uitgestel vir nadere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Amanda ·

ek dink…..die man is nou moeg vir mensvleis en was so gretig om homself oor te gee, want nou kan hy beter kos in die trok kry….lekker warm slaap…..verniet n graad kry…en so aan

HPV ·

“The world will not be destroyed by those who do evil, but by those who watch them without doing anything” – Albert Einstein

Adam ·

Tjoppie, dalk noem hulle dit nie meer kannibalisme nie, maar “alternative Banting”.

oumie ·

Ja, Suid-Afrika… Dink net wat doen dié stukkie waarheid vir toerisme!

Chilli ·

Dis n vrek snaakse storie! ? ?? o my gedorie!! So jy braai vanaand ouma se boud of iets? Julle dis absurd

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.