Vyf in hof ná Polokwane-dubbelmoord

Die moordtoneel in Polokwane. (Foto: SA Polisie)

Vyf verdagtes wat vroeër aangekeer is in verband met die moorde op twee vroue van Polokwane, het Maandag vlugtig in die landdroshof in die stad verskyn.

Makoena Mabusela-Leshabane (46) en Tebogo Mphuti (35) is op 10 Oktober teregstellingswyse doodgeskiet waar hulle in die parkeerterrein van Magna Via, ʼn sakesentrum, in ʼn luukse motor gesit het. Hulle het vroeër met ʼn eiendomsagent ooreengekom om daar te ontmoet om na sakepersele te kyk.

Thabo Stanley Leshabane (57), John Zulu (30), Ndondo Buthelezi (25), Bhekimeze Phiyose (34) en Thembelani Dlamini (30) het in die hof verskyn nadat hulle Donderdag op verskillende plekke in Ekurhuleni, Elsburg, Katlehong en Germiston in Gauteng aangekeer is.

Thabo Stanley Leshabane is getroud met Makoena.

Die polisie het tydens die ondersoek ook beslag gelê op die rooi Hyundai-motor wat vermoedelik in die uitvoering van die moorde gebruik is, asook op twee vuurwapens en ammunisie.

Die saak teen die vyf is uitgestel tot 2 November, wanneer hulle om borgtog sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JohanR ·

Moenie ENIGE plek IN jou motor sit nie. Gebruik die motor net om van A-B te gaan, stop, klim uit en loop weg, en gaan doen jou taake. Kom terug, klim in motor in, en ry weg. Agter ‘n stuurwiel is jy soe kwesbaar.

Persheks Adri ·

Geen borg nie ASB tog! Kry die kriminele van die strate af hoe gouer hoe beter

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.