Vyf in hof oor kaping

court-hammer_thumbVyf mans wat in hegtenis geneem is in verband met die kaping van ʼn vragmotor sal Maandag in die Mankweng-landdroshof in Limpopo verskyn.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê die vragmotor, wat sigarette vervoer het, is Donderdag in Ga-Kgole gekaap. Hy sê die polisie het later ʼn motor met dieselfde beskrywing as die kapers se wegkommotor gewaar waar dit buite ʼn huis geparkeer was.

“Die brawe polisiebeamptes het die eiendom binnegegaan en sigarette ter waarde van R105 000 in die besit van vyf verdagtes gevind en hulle in hegtenis geneem.” Die polisie is steeds op soek na ʼn sesde verdagte.

Die vuurwapen wat glo tydens die kaping gebruik is, is op beslag gelê. “Dit is vir ballistiese toetse gestuur.” Die verdagtes staan tereg op aanklagte van kaping, gewapende roof en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.