Vyf in hof oor komplot om boer glo te vermoor

Argieffoto: Johni Edwards

Argieffoto: Johni Edwards

Vyf verdagtes wat in die Bethal-omgewing naby Secunda in hegtenis geneem is nadat hulle glo beplan het om ʼn plaaslike boer wat hulle sy grond belet het te vermoor, verskyn Vrydag in die Bethal-landdroshof.

Maroela Media het vroeër berig die verdagtes is Donderdag in die vroeë oggendure by hul onderskeie wonings in hegtenis geneem ná ʼn gesamentlike poging deur die Valke, die Secunda-polisie se georganiseerde misdaadeenheid, Saneb, CIG Secunda en ander betrokkenes.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, het aan Maroela Media gesê die vyf verdagtes, tussen 33 en 48 jaar oud, is in hegtenis geneem op aanklag van sameswering tot moord.

“Die verdagtes het na bewering op ʼn wit boer se plaas gewoon. Die boer het hulle later versoek om van sy grond af te trek en die verdagtes het geweier. ʼn Hofbevel is later teen hulle uitgereik.”

Volgens Sekgotodi het die groep glo in 2016 beplan om die boer te vermoor. Die boer het hiervan te hore gekom en ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak.

Die mans is ná verdere ondersoek in hegtenis geneem. Tydens die inhegtenisnemings is ʼn ongelisensieerde vuurwapen, waarvan die reeksnommer afgevyl is, in die 33-jarige man se besit gevind. “Daar word vermoed dat dit die wapen is waarmee die groep beplan het om die boer te vermoor,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann ·

Spreek ek onmiddelik die pesimis in my aan. Well done aan die span poging om.pro aktief reg en geregtigheid te laat seevier. Nou glo ek net dat die howe se verrigtinge ook so verloop. Kan nie wag om die aangekeerdes se verskonings en verklarings te hoor nie….

Danie ·

Die memorandum het nie by my uitgekom nie. Van wanneer af is dit met die dood strafbaar as jy iemand toegang weier tot jou perseel?

De Villiers ·

En raai hoekom plaasmoorde aanhou? Daar is nie doodstraf nie, en hulle het geen respek vir die polisie of die reg in hierdie land nie.

Ben Prinsloo ·

Ek wonder net hoeveel van die gemeenskap se boere was by die hof ter ondersteuning van die saak.

Bronwyn ·

Snaaks genoeg ons lees die storie hier by maroela media. Ek is van Bethal en geen plaaslike koerant het van hierdie storie gekryf nie. So Ben Prinsloo om jou vraag te beantwoord ek glo nie veel nie. Want almal om my weet niks van die storie nie, maar bly hulle het nie hulle plan voltooi nie.

Olga ·

ek is van secunda en dis ook die eerste wat ek hiervan lees of hoor

Geen gevolge ·

Hierdie mense het almal so hard gewerk om hierdie manne vas te vang, maar ongelukkig moet ek ook vra WAT GAAN MET HULLE GEBEUR? Weens ‘n gebrek aan bewyse, dood van ‘n getuie, sloerwerk hier en slegte werk daar en allerhande leuens en stories is hulle more weer op ‘n ander plaas besig om planne te beraam om ‘n ander boer om die lewe te bring.

Kobus 4e ·

Kom ons wag en sien wat gebeur. Dit is nie nodig om kommentaar te lewer asof dit reeds gebeur het nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.