Nusumuzi Jabulani Gumede (30), Sibonakaliso Zaba Mbuli (32), twee 16-jariges en ʼn 17-jarige tiener, het in die hof verskyn. Die saak is tot 1 September uitgestel vir ʼn formele aansoek om borgtog.
ʼn Sesde man (18), sal Dinsdag in die hof verskyn.
Maroela Media het vroeër berig Desiree Murugan (37) se onthoofde liggaam is Maandag in ʼn stadion in Durban opgespoor. Haar kop is Vrydag in Imfume aan die Suidkus opgespoor. “Die polisie het Donderdag ses mense in verband met die moord in hegtenis geneem,” het kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, oor die naweek gesê. Naicker kon nie sê waarom die 18-jarige afsonderlik in die hof sal verskyn nie.
Lees ook:
Vermiste kop van moordslagoffer opgespoor
Onthoofde lyk in Durban-stadion gevind
se my hoe het hulle die vermeene skuldiges op gespoor? want wraggies, dis die beste werk wat die saps in jare gedoen het.
se my hoe het hulle die vermeene skuldiges op gespoor? want wraggies, dis die beste werk wat die saps in jare gedoen het.
Media, dit sluit nou TV, koerante ens. in, moet begin on moordenaars, verkragters en enige denklike misdadiger se gesig te begin wys. Ons wil die wetters sien. Hulle gesigte moet eintlik in n tydskrif of op die internet beskikbaar wees vir ons om te sien. Watse nonsies is dit om hulle altyd weg te steek. Hulle kom buitendien oor n dag of twee weer uit die tronk. Wys ons die gemors, dat ons weet hoe hulle lyk.
Sterkte ook aan Desiree se familie en vriende!!! Dit was weereens onnodig dat sy moes sterf!!!!!