Vyf in hof oor OR Tambo-rooftog

Argieffoto

Argieffoto

Vyf persone wat die afgelope naweek in hegtenis geneem is in verband met ʼn gewapende roof by OR Tambo Internasionale Lughawe op 7 Maart, het Maandag in die hof verskyn.

Die vyf mans het vlugtig in die landdroshof in Kempton Park verskyn op aanklag van gewapende roof.

Brig. Sally de Beer, woordvoerder van die polisie, het gesê die saak is tot 28 Maart uitgestel wanneer die mans sal aansoek doen om borgtog. “Dit is betreurenswaardig dat ʼn lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens ook een van die verdagtes is. Dit bied ons egter die geleentheid om self behoorlike stappe te doen,” het sy bygevoeg.

Die twee mans wat binne ʼn week ná die gewapende rooftog in hegtenis geneem is, sal later vandeesweek vir ʼn tweede keer in die landdroshof in Kempton Park verskyn. Hulle is vrygelaat op borgtog van R50 000 elk.

“Bewyse waarop beslag gelê word deur die loop van die ondersoek sal tydens die hofsaak van die beskuldigdes voorgelê word,” het De Beer verduidelik. “Die ondersoek duur voort en inligting word versamel insluitend die rol van elke individuele beskuldigde.”

Lt.genl. Khomotso Phahlane, waarnemende polisiekommissaris, het gesê dit is jammer dat inligting en foto’s wat glo oor die naweek aan die media uitgelek is, vandag gepubliseer is. “Ons versoek ons ondersoekbeamptes om met hul ondersoek voort te gaan en dat geloofwaardige inligting uit die hofverrigtinge bekom sal word. Diegene wat die polisieondersoek wil benadeel, kan nie geduld word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

LMF ·

Regtig niks is skokkend oor enigeiets wat ons sapd doen nie ons almal weet hoe kurrup hulle is wel meeste van hulle en wat ek wil weet is waar hul soveel geld kry vir borg is dit van die gesteelde geld

w ·

Hukom kry hul borg. Moet beslis van die gesteelde geld wees of geld wat reeds geroof is

snoefie ·

wat my verbaas is dat die sapd ons nog nie gewys het hoe die voertuig wat in die roof gebruik is, verskil van hulle Sn nie. of hoe en waar die rowers aan die plakkers gekom het nie. dalk het ek dit net gemis?

Justice ·

Ek stem saam met jou Bokram – R50k is maar ongeveer USD 3 850 elk vir borgtog van die R25m buitelandse valuta wat hulle gesteel het. Al die valuta is beslis nie terug gevind nie. Behalwe vir die Lamborghini kan die polisie kan sommer ook kyk wie het sedert 8 Maart `n Kentucky franchise kontant gekoop.

Afrikaner Donkie ·

Ek betaal ook R50K met n smile as ek R200m gesteel het. Kan ook nie dink dat so goeie beplande rooftog net 5 mense betrokke gehad het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.