Vyf in hof oor R20 miljoen se ponzi-skema

(Argieffoto)

Vyf verdagtes het Dinsdag in die Bellville- gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn in verband met beweerde bedrog van R20 miljoen deur middel van ʼn ponzi-skema bykans tien jaar gelede.

Lt.kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, sê Nobesuthu Phyllis Mdekazi, Ncumisa Mdekazi, Philiswa Ntsabo, Bulelwa Siwisa en Nombulelo Mbenyane word daarvan beskuldig dat hulle ʼn piramideskema bestuur het waartydens slagoffers uit ʼn aansienlike bedrag geld, tussen R1 000 en R12 000, bedrieg is met die belofte van winsgewende opbrengste.

Volgens Nkwalase was die skema na bewering tussen Januarie 2010 en Desember 2011 in volle bedryf toe dit vanuit die onderneming BennJ Financial Investments CC in Modderdamweg in Bellville bestuur is.

Die verdagtes is almal onlangs gedagvaar om in die hof te verskyn en staan nou tereg op sowat 7 590 aanklagte van bedrog asook oortreding van die Bankwet.

Die saak is tot 19 Januarie 2021 vir verdere ondersoek uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Einstein

Hoe dom moet mens weet om te dink jy kan met so iets wegkom?

Cecilia

Nie net is d skelms dom nie maar d beleggers is herltemal d kluts kwyt!

Sarel

Tien jaar gelede?