Vyf in hof vir Parys-pypmoord

Craig Marx. Foto: Pink Ladies/Facebook

Craig Marx. Foto: Pink Ladies/Facebook

Vyf mense wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op ʼn sakeman van Parys in die Vrystaat, het in die dorp se landdroshof verskyn, het Beeld Donderdag berig. Die sakeman, Craig Marx (47), is glo in Desember lewend in ʼn stormwaterpyp begrawe.

‘n Man (51) en sy seun (21) het aangedui dat hulle private regsverteenwoordiging soek, terwyl ʼn 18-jarige man ʼn regshulpprokureur aanvaar het.

Landdros Charlene Neyt het gesê die beskuldigdes se borgtogaansoek sal op 14 Januarie begin ongeag of die pa en sy een seun dan regsverteenwoordiging het.

Sy het gesê twee 17-jarige seuns, wat in die sorg van hul voogde vrygelaat is, moet ook tydens die hofverrigtinge teenwoordig wees.

Marx is op 4 Desember glo in ʼn lokval gelei deur die vyf mans, wat glo vantevore opknappingswerk by sy huis gedoen het.

Die pa, wat Marx glo R10 000 geskuld het, het glo saam met sy medepligtiges ʼn skoktoestel gebruik om hom te verlam. Hulle het hom glo hierna met ʼn staalpyp aangerand voor hulle hom met plastiek en toue toegedraai het. Hy is toe daarna lewend in ʼn stormwaterpyp sowat 15 km buite Parys gegooi. Volgens die lykskouing het Marx waarskynlik versmoor.

Die beweerde moordenaars is later deur middel van kringtelevisiebeeldmateriaal geïdentifiseer nadat hulle ná die moord by ʼn vulstasie gestop het om koeldrank te koop. Daar is ook R20 000 uit een van Marx se bankrekeninge onttrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ella van der Schyff ·

Woensdag 14 Januarie 2014
kom die borgaansoeke voor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.