Vyf in hof vir teenverkragting-betoging by Rhodes

Betogers by die Rhodes-Universiteit. Foto: Facebook

Betogers by die Rhodes-Universiteit. Foto: Facebook

Die vyf studente van die Rhodes-Universiteit, wat in April in hegtenis geneem is in verband met die betogings teen verkragting op die kampus, verskyn na verwagting Woensdag in die Grahamstown-landdroshof.

Die universiteit moes op 20 April alle akademiese aktiwiteite tydelik opskort weens die deurlopende betogings.

Protesleiers het geëis dat die universiteitbestuur optree teen mense wat hulle as “verkragters” bestempel. ʼn Lys van die name van 11 beweerde seksuele oortreders is aan die universiteitbestuur oorhandig en die betogers het geëis dat hulle geskors word.

Die vyf studente, tussen 18 en 23 jaar oud, is in hegtenis geneem nadat hulle die pad langs die universiteit versper het.

Die drie mans en twee vroue staan tereg op aanklagte wat verband hou met die Wet op die Regulering van Byeenkomste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Karma ·

Verstaan ek dit nou reg as dié 5 mense in hegtenis geneem is op aanklagte oor die vebreking van die Wet op die regulering van Byeenkomste: hulle het ‘n protesoptog gereël om te protesteer teen die universiteit se gebrekkige aksie teen mense, wat hulle (die protesoptog organiseerders) as “verkragters” identifiseer, Maar daar is dan twee vroue onder die vyf! Vroue kan mos nie verkrag nie … ek meen, ons het nie die “toerusting” nie.

Regtig ???????? ·

Dalk het hul nie op die regte manier dinge gedoen nie, maar regtig hul staan op teen verkragters. Verkragters moet vasgevat word en van die samelewing verwyder word, as hul as studente al so verkrag, kan jy net dink wat hulle gaan doen in hul werkplek met hul grade. Nee magtig man die land staan vir alles wat verkeerd is, wens net hul kan een van julle vekrag dat julle kan begrip he waardeur vroue gaan.

Nico K ·

Ek sal namens Walter antwoord. Die 5 mense wat in hegtenis geneem is, waaronder die 2 vroue is die protesteerders. Nie die beweerde verkragters nie. En om op die ander menings te antwoord. Dit is reg om te betoog, maar nie om die wet in eie hande te neem nie. Die wet vereis ‘n regverdige verhoor met gtuies en bewyse. Die mense wat so betoog, was hulle daar en het hulle gesien wat gebeur het dat hulle kan weet die persone is skuldig. Ons kan nie verhore deur die massa hê nie. So iets is altyd emossioneel en nooit regverdig nie. Te veel onskuldige mense is al deur “mobs” vermoor oor beweerde oortredings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.