Vyf in hof vir Vrystaat-plaasmoorde

Argieffoto

Argieffoto

Vyf mans sal na verwagting Woensdag in die hof verskyn weens twee afsonderlike plaasmoorde wat vroeër die week in die Vrystaat plaasgevind het.

Twee mans, onderskeidelik 21 en 22 jaar oud, sal na verwagting in die Theunissen-landdroshof verskyn in verband met die moord op Martie Bester (68), wie se plaashuis Maandagoggend buite die dorp aan die brand gesteek is met haar liggaam binne-in die huis. Lees meer hier.

Die verdagtes is albei van Theunissen, en is Dinsdag in hegtenis geneem. Die polisie het beslag gelê op drie van die vier vuurwapens wat tydens die aanval gesteel is. Hulle het ook beslag gelê op ammunisie, ʼn rekenaar, juwele, CD’s en klere. Die verdagtes staan tereg op aanklag van moord en roof.

Drie mans sal na verwagting in die Bloemfontein-landdroshof verskyn in verband met die moord op ʼn bejaarde egpaar, Toon Swanepoel (72) en sy vrou Rienie (70), van Kwaggakraal-plaas naby Bainsvlei.

Die egpaar is Sondagaand doodgeskiet in ʼn rooftog waartydens ʼn televisiestel, vuurwapens en hul voertuig gesteel is. Twee verdagtes, tussen 20 en 25 jaar oud, is Maandagoggend in hegtenis geneem nadat hulle in die egpaar se bebloede voertuig betrap is. Die verdagtes het die polisie na die egpaar se liggame gelei wat naby die plaas by Waaikraal gestort is. Lees meer hier.

Die derde verdagte, 19, is later by Kelly’s View in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op van die gesteelde goedere, insluitend die televisiestel en ʼn vuurwapen. Die drie staan ook tereg op aanklag van moord en roof.

Lees alle vorige berigte oor plaasaanvalle op Maroela Media.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eugene ·

Dit is kommerwekkend dat die ouderdomme van die moordenaars so jonk is. Hoekom doen die jonges dit? Het hulle militere opleiding, of ‘plattelandse weerbaarheid’ soos die regering die program noem, gekry?

Marietjie ·

Is hierdie jonges dan nie veronderstel om deel van die “Nuwe Suid-Afrika” en die “reënboognasie” te wees nie of gaan die moorde weer blameer word op “apartheid” en “voorheen benadeel”? Dis maar net hul barbaarse kultuur, met geen respek vir lewe nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.