Die polisie in die Wes-Kaap het met ʼn grootskaalse ondersoek begin ná die moord op ʼn 54-jarige man op ʼn kleinhoewe in Kraaifontein.
Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê die man is Donderdag omstreeks 20:25 in die huis op die kleinhoewe doodgeskiet. Die man was glo ʼn huurder op die Mikpunt-kleinhoewe in die Kraaifontein-gebied.
“Die omstandighede van hierdie noodlottige skietvoorval word ondersoek,” sê Van Wyk. “Die motief vir die moord is in hierdie stadium nog nie bekend nie.”
Thomas van Dalen, AfriForum se nasionale opleidingsbestuurder, sê volgens inligting tot hul beskikking het vyf mans met klapmusse die man, wat glo alleen tuis was, oorrompel en doodgeskiet.
“Ons het nog nie veel inligting oor wat presies gebeur het nie,” het Van Dalen aan Maroela Media gesê.
Van Dalen sê die mans het glo ná die voorval in die rigting van Stellenbosch gevlug.
Die polisie doen ʼn beroep op enigiemand met meer inligting oor die voorval, om die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 te skakel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Rus in vrede my vriend. Was vir my ‘n skok toe ek die oproep kry :(
Mishoop van ‘n land. Vlae en vlae terreur en misdaad. Stukkende mense wat agterbly. ‘n Useless hoed as minister van polisie, met geen antwoord vir die gemors waarin ons is nie. Dinge het voorwaar verskriklik verkeerd geloop vir Suid Afrika…
My hart is baaaaaie seer. Gaan jou mis!!! Dis so onwerklik????????????????
My innige simpatie met die familie, die polisie weet mos waarom die man vermoor is deur 5 gemaskerde mans.
Die motief is “ethnic cleansing”