Vyf in Noordwes vas vir roof, huisbraak

isdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-3

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Polisietaakspan van Brits in Noordwes in samewerking met inwoners van Cyferskuil het vyf verdagtes aangekeer in verband met sakeroof, huisbraak en diefstal.

Kol. Adéle Myburgh, Noordwes-polisiewoordvoerder, sê die eerste misdaad waarin die span sukses behaal het, is Sondag 18 November aangemeld. Na bewering het die klaer sy woonplek 10:00 verlaat en weer 17:00 tuisgekom.

Intussen het iemand ingebreek en die kluis met sy vuurwapen daarin uit die muur gehaal. Vier van die vyf verdagtes wat in hegtenis geneem is, word met dié huisbraak en diefstal verbind, sê Myburgh.

In die tweede, onverwante voorval is ʼn sake-eienaar Donderdag 22 November in sy winkel van kontant beroof, vertel Myburgh. Ná deeglike ondersoek het die polisie vasgestel drie van die vyf verdagtes kan met dié misdaad verbind word. Later het dit aan die lig gekom van dié drie was ʼn 18- en 30-jarige glo ook by die eerste voorval betrokke.

Die vyf verdagtes sal binnekort in die hof verskyn

Die polisie het ʼn vuurwapen met ammunisie by die 18-jarige gekry, waarop beamptes beslag gelê het, tesame met ʼn magasyn, patrone en ʼn selfoon.

Die vyf verdagtes sal binnekort in die hof verskyn op aanklagte van sakeroof, huisbraak, diefstal en die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het die polisie en inwoners geloof vir hul samewerking wat gelei het tot die inhegtenisneming van die verdagtes wat na bewering die gemeenskap geterroriseer het. Sy beloof die polisie sal deur hul optrede vir ʼn veiliger Kerstyd sorg en aanhou om misdadigers aan die kaak te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.