Vyf jaagduiwels op Gauteng-snelweë aangekeer

Foto ter illustrasie: Pixabay

Die verkeerspolisie in Gauteng het Donderdagaand vyf motoriste vir roekelose en nalatige bestuur in hegtenis geneem.

Dié jaagduiwels is onderskeidelik op die N4 in Pretoria in die rigting van Mpumalanga en op die N1 tussen Pretoria en Johannesburg aangekeer.

Luidens ’n verklaring deur die verkeerspolisie was die ergste geval ’n 41-jarige man wat voorgekeer is toe hy 216 km per uur in ’n sone van 120 km per uur gery het.

Dié motoris is tans by die Bronkhorstspruit-polisiestasie in aanhouding.

Die ander vier motoriste sal glo ook in aanhouding bly totdat hulle borgtogaansoeke aangehoor word.

“Ons hoëspoedeenheid sal voortgaan om sulke operasies uit te voer sodat motoriste wat ander padgebruikers se lewe in gevaar stel, vasgetrek kan word.

“Spoedoortredings is een van die grootste bydraende faktore tot padongelukke. Padgebruikers word versoek om by die voorgeskrewe spoedgrens van 120 km per uur op die snelweg te hou,” sê Sello Maremane, woordvoerder van die verkeerspolisie in Gauteng.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

AW ·

Die Waarheid !!

Die soort van Dings, Sal ook Nooit ophou nie , ongeag van Aarto of Nié.

007 ·

Vat hulle karre en gee hulle n helse boete. Hulle het geen respek vir die ander padgebruikers en die wet nie. En kla hulle aan vir poging tot moord.

Harley Davidson ·

Die motors van vandag is vinnig en mense wil dit toets ,Duitsland het die autobahn,gee sa ‘n soortgelyke pad en die tipe probleme sal minder word.

Robert ·

Ek stem saam Jasper. Ek dink net in hierdie land sal jy van die stadige karre in die vinnige baan kry!!!

Kobus ·

Jasper die verskil is egter dat die Duitsers bevoeg is om vinnig te ry,in SA jaag die mense juis wat nie bevoeg is nie. Motoriste kan nie situasies antisipeer nie,us gaan hulle ‘n groter gevaar inhou.

VaalDonkie ·

Hier in Kaapstad het ons ‘n Street to Strip byeenkoms by Killarney juis vir hierdie doel. Maar die polisie sit altyd en wag vir ons om klaar te maak sodat hulle ons kan aftrek en kyk of alles aan ons karre “wettig” is. So nou het dit ook maar doodgeloop want om geteister te word terwyl jy probeer verantwoordelik wees is net een te veel.

Perdeby ·

Ek neem aan die motoriste is nie ons dam se ganse nie. Seker al die BMW’s Merc’s Jeeps Audi’s wat met tender geld gekoop is. Wens die Metro wil bietje in die aand by Wonderboom oor die nek ook begin werk. Hulle sal genoeg “bribre: geld kry daar.

Waarnemer ·

Die hof moet n voorbeeld stel met sulke oortreders….le beslag op hul voertuie en gee vir elkeen n trapfiets.

NuusUil ·

Ek dink alle motor vervaardigers moet elke Suid Afrikaanse motor tot op 120 km lesing maak en niks meer nie . Behalwe vir Ambulanse en Polisie en Brandweer. Stem saam met van die kommente neem hulle voertuie gee hulle n groot boete en laat hulle gemeenskap diens van 100 uur verrig met bordtjies om hulle nekke wat sê .Ons stel ander se lewens in gevaar deur selfsug .

Anton ·

Vertel bietjie vir die bloulig brigade wat so jaag op ons paaie

Sarel ·

Toestand van SA se paaie….was die mense gesuip.

Konfiskeer voertuig en lisensie…hang ook af wat is hulle
Politieke konneksie

Yolandie ·

Ek dink taxi is net so ‘n helse gevaar op ons paaie!! Wens Taxis kan hul eie baan kry waar hulle net mekaar kan raak ry en nie onskuldige mense nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.