Vyf kinderlyke in vrieskas gevind

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Ouma van Kakamas in die Noord-Kaap het Dinsdag op die liggame van haar vyf kleinkinders in ʼn ongebruikte vrieskas afgekom.

Maj. Dimakatso Mooi, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê daar word vermoed dat die kinders, almal tussen die ouderdomme van drie en sewe, versmoor het.

“Die kisvrieskas staan agter die huis in die erf en word nie gebruik nie. Daar word vermoed dat die kinders in die vrieskas gespeel het toe dit toegeslaan en per ongeluk gesluit het,” het sy gesê.

“Dit is nie duidelik hoe lank die kinders in die vrieskas was nie, maar die ouma het laatmiddag na hulle begin soek. Toe sy hulle nêrens kon kry nie, het sy daaraan gedink om in die vrieskas te kyk. Daar het sy op hulle lyke afgekom.”

Volgens Mooi het twee van die kinders by die ouma gebly en die ander drie het daar gekuier. “Dit is nie in hierdie stadium duidelik waar die kinders se ouers was ten tyde van die voorval nie,” het sy gesê.

ʼn Geregtelike doodsondersoek is geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Odette Olivier ·

Dis hartverskeurend. Ek sou ook se dis ‘n voorreg om na jou kleinkinders te kyk, maar oumas word dikwels misbruik as goedkoop dagmoeders. Hoe moet daai ouma nie nou voel nie, ek glo sy verwyt haarself. Sterkte aan die ouma.

Marike ·

My hart en gebede gaan uit na hierdie ouma en ouers van hierdie 5 kindertjies, so hartverskeurend dat so ‘n tragedie plaasgevind het…Ek le jul by die voete van Jesus wat vertroosting sal gee….Ek is ook ‘n ouma van 5 kleinkinders. Sterkte! Jesus Groete…

Lafras ·

Vyf kinders! Te veel grootouers word ingespan as onbetaalde kinderoppassers! Dis hulle tyd om te rus, nie om jou kinders ook groot te maak nie! Skande!

Gerda ·

Lafras tye het verander
En dis n seën om na jou kleinkinders om te sien
Die dag wanneer jy jou kop neerlê is die dag wat jy in rus gaan.

Celesté ·

Lafras is reg….te veel groot ouers word misbruik vandag….dit hang natuurlik vir my af van baie….hoe oud is die grootouer?… word daar kos bygedra?… hoe gehoorsaam is die kind en belangrikste is die grootouer se gesondheid so dat hy/sy dit wel kan doen….ja ek stem dis hulle rus tyd…maar ook vir sommige n voorreg …..ek self kan nie wag om my eie kleinkinders by my te hê nie….maar ek weet van baie grootouers wat misbruik word en wat regtig nie kans sien nie maar wel die verandwoordelikheid moet dra…..jy as ouer is verandwoordelik vir jou kind….

Annie ·

Lafras…my ma het aangedring om na my kinders om te sien…my seuntjie is oorlede in haar erf…sy het net 10 minute gerus en toe ek op hom afkom na werk was dit te laat vir hom…dank Vader my dogtertjie is gespaar…NIEMAND het die reg om te oordeel nie..omstandighede wat JY nie ken nie en geen REG het om oordeel oor te vel het dalk veroorsaak dat die kindertjies by ouma was…dalk het hulle vir die vakansie daar gekuier…moenie so vinnig oordeel nie!

Paul ·

Dis so bekende gevaar dat dit skokkend is om te weet dat enigiemand steeds ‘n kisvrieskas laat rondstaan sonder om ‘n wig tussen die deksel en die bak aan te bring wat keer dat die deksel kan sluit.

Hartseer ·

Paul of beter nog die verdomde ding se deksel afhaal of dit weggooi, by ons het ook 1 ou vrieskas ‘n rukkie gestaan met dalk die plan of daai plan. Ek het dit so saggies tussen die asgate goed laat verdwyn. Dit is ‘n lekker speelplek, maar dit is net nie die hartseer werd nie!!!! Arme Ouma kyk die wêreld vierkant in die oë dit kan met enige mens gebeur!

SNEL ·

Goeiste, dis erg, van die kinders se ouers het seker meer as een kind verloor, miskien nog al hulle kinders. Kry almal betrokke vreeslik jammer.

HENNA ·

So jammer wat ‘n skok vir die OUMA – sterkte.
Lafras is jy bure met die ouma of dalk familie om so iets ‘skande’ te noem ??

DPJ ·

Ons innige empatie met die families. Mag God se Heilig Gees julle ryklik vertoos in die komende dae.
Raak asseblief nou daadelik van die vrieskas ontslae wat baie slegte gedagtes kan terug bring.

Delta Mike ·

Iets om oor na te dink, waar was die ouma? Kom nou 5 kinders vasgevang in n vrieskas wat agter die huis staan, nie iewers agter in die erf nie. Dink julle nou werklik die 5 kinders sou nie n helse geraas gemaak het toe hulle besef hulle is in gevaar nie, 5 skreeuende en gillende kinders en ouma hoor niks. Hmmm laat my dink.

Gerda ·

Delta jy het definitief nie n idee waarvan jy praat nie. Moenie verwyte na die ouma toe gooi nie jy was nie daar nie
Asb dink voor jy vinger wys

Lise ·

Dit is altyd maklik om te veroordeel. ‘n Kisvrieskas is klankdig en lugdig.

Paul ·

Hoewel dit definitef nalatig is om ‘n vrieskas te laat rondstaan sonder om die deksel met ‘n slot te sluit, of om ‘n stewige wig tussen die deksel en bak aan te bring, moet jy dalk twee keer dink voor jy kommentaar lewer.

1. So ‘n vrieskas is baie klankdig, veral as dit nog van die ou soort met swaar insulasie is.
2. Oumense is dikwels hardhorend.
3. Jy weet nie hoe vêr van die huis af dit was nie.
4. Met vyf kinders binne die vrieskas, sou die koolstofdioksied daarbinne baie vinnig opgebou het tot dodelike vlakke. Hulle sou dus in elk geval nie vir baie lank geraas kon maak nie.

Dis nie die gebrek aan suurstof wat mense in so situasie doodmaak nie, dis die oormaat van giftige koolstofdioksied. Een baie skrale troos is darem dat koolstofdioksiedvergiftiging ‘n mens geleidelik slaperig en lighoofdig laat voel, totdat jy uiteindelik bewussyn verloor en dan sterf.

Lynette ·

Ek stem saam jou…en hoe kan die yskas vanself sluit….ek wonder…mmmmm
snaaks myne doen dit nie.

Ramkat ·

Delta Mike klim j in i vrieskas en mak it toe en ras dan kom j trug nah my toe as iemand jw hoor,RIP kids….

Mattewis ·

Delta Mike, soos C.J. Langenhoven gesê het: “Leë pyp, hou toe jou kraan – dan sien almal jou vir ‘n volle aan.” Hou liewer jou snedige kommentaar vir jouself en betuig eerder simpatie aan die familie wat moet probeer om hierdie onuitspreeklike tragedie te verwerk!

Gerda ·

Sjoe baie tragies dis verskriklik. Vrydagmiddag het my kleinseun tragies in die visdammetjie by die mense wie hul huur verdrink. Hy sou gister 2jaàr oud geword het. Baie sterkte aan dai ouma en mammals en pappas

Leeutjie ·

Ai Gerda. Baie sterkte. Dit gebeur so vinnig. As jy kinders of kleinkinders oppas moet jy 24/7 aan diens wees teneinde hulle veiligheid te monitor. Ek het ‘n groot deernis vir julle en die ouma! Mense moet net besef dat oumas nie meer so paraat is as vroeer jare met hulle eie kinders nie.

Annie ·

Innige simpatie Gerda…my seuntjie is amper 6 jaar gelede oorlede op die ouderdom van 6…weet net met tyd word die seer en gemis sagter.

Daleen Prinsloo ·

Ek is skoon naar op my maag. Het self twee babas van 1jr & 2jr en kleinkinders van 2jr en 3jr. Ek kan my net nie indink nie!! God se seen en genade oor die families om die hartseer te verwerk.

Lafras ·

Henna ek ken genoeg grootouers wat met afgetakelde gesondheid opgeskeep sit met kleinkinders! As tragedie toeslaan is dit die ouers se skuld, nie ‘n ou mens waarop die verantwoordelik van jou kinders se veiligheid en versorging AFGEDWING is nie! SKANDE!

Leeutjie ·

Lafras ek stem 100% saam met jou. Dis goedkoper by oumas en oupas as by ‘n bewaarskool! Hul het nie altyd die hart om nee te se nie. Jy praat raak!

Annerien ·

Ek werk saam met die pa van 2 van die kinders. Hy leef vir sy kinders en is ‘n uitstekende pa en mens. Die kinders was nie vergete heeldag nie. Die kinders was nog half 4 lewend en spelend. Hierdie pa is verby gebroke. Hierdie kinders was kinders wat toegegooi is met liefde en versorging. Dit was nie verwaarloosde kinders wat in die pad was nie.

Sarel Strydom ·

Dit is tragies, nie net die ongeluk met die inders nie maar die manier waaropmsommige leesers reageer. Werklik, niemand weet wat gebeur het nie maar klippe word gegooi, kan julle dan nie liewer maar stil bly en die familie of famielies toelaat om te rou en hulle kinders ten ruste te le nie. Ek is self ‘n Grootouer wat na ons kleiseun na skool kyk omdat ons hom weens BOELLIES uit die naskool moes verwyder het Dink weer. Jy kan nie praat as jy nie in ander se skoene diep spore geloop het nie.

rudolph ·

Ja dis waar goed koper by oumas en oupa want di cresh en naskole is te duur as jy ni ryk is ni so en as jy ni geld het ni so wat anders moet mens doen

mamma ·

Dus baie tragies kan my indink waar deur die arme ouma nou gaan.
Mag die kleinjies se onskuldige siele in vrede rus.

Hettie ·

Vrieskas per ongeluk gesluit? So kan dit nie wees dat vrieskas self gesluit word nie!!!! Sterkte aan hul mammas en familie. Dis baie hartseer

Corrie ·

Dit is baie hartseer,,,maar hoekom het ouma eers laat middag na hul begin soek? En nee ek wys nie n vinger nie,,,,ek dink maar net,as my 2 kleinkidz hier kuier kyk ek kort kort waar is hulle. Hulle weet al as oumie besig is en hul speel buite dan moet hul kort kort vir my roep en se hulle is nog okey.

Susan Mostert Pretoria ·

Dis tog so hartseer ek kan my nie indink hoe daai ouma moet voel nie ek is ook nouma van 9 kleinkinders en 1 agter kleinkind ons bid dat die Here krag en sterkte aan U ouma en die ouers van hierdie kindertjies se famielies sterkte

Delta Mike ·

Gerda, ek het n baie groter idee waarvan ek praat as wat jy ooit sal besef, ek werk al 30 jaar met misdaad, die gruwelikse dade wat jy net in n fliek sal sien. Ek het geensins verwyte na die ouma gegooi nie. Dink nou bietjie realisties soos n grootmens vir jouself: 5 gillende en skreeuende kinders en glo my kinders op daai ouderdom kan n helse bohaai maak in angs en niemand insluitend die ouma hoor dit nie, kom nou Gerda. Miskien as jy met misdaad gewerk sal jy na sekere artikels met n ander oog kyk.

johan ·

Twee van die kinders wat oorlede is, is n kolega wat saam met my werk s’n. Die man se hart is gebroke. Die van julle wat klippe gooi, moet eerder die teikens wees. Daar is baie vrieskaste wat n neusoorslag het, en wat in haak as jy hom toe maak. Vrieskaste is goed geisoleer om jou goed binne koud te hou. Isolasie keer nie net temperatuur nie, maar klank ook. Hou asb op om speurder speurder te speel, en bid dat so iets jou nie eendag oor sal kom nie. My innige simpatie met daai tannie wat haar kleinkind in die visdam verloor het.

Annie ·

Weet jy Johan…ek is so moeg om mense se venynige kommentaar te lees…blanke Suid Afrikaners veral is baie vinnig om vinger te wys en te verwyt en te beskuldig…niemand het n benul waar deur hierdie mense moet gaan nie. Ek is seker daar was n goeie rede hoekom ouma na die kinders omgesien het…my innige simpatie met die betrokkenes…dit is vreeslik hartseer

HENNA ·

DANKIE Annerien dat jy die lesers inlig – Groot vrede wense aan die families
hoop Lafras lees dit ook

Susan du Toit ·

Ek stem saam kinders word net afgelaai en nie eers vergoed nie. Ons jeug is vandag te gemaklik daar’s dagsorg. Ouma moenie skuldig voel nie dit was die Here se wil nie een
van ons weet wanneer dit ons tyd is nie wat sy moes aanskou was meer as genoeg wat
sy vir die res van haar lewe moet onthou

Lafras ·

Ja ek het dit gelees Henna en dit verander niks aan die saak dat een ou mens na vyf! woelige kinders moes omsien nie! VYF! ‘n jong vrou sal sukkel om vyf te hanteer! SKANDE! Dis jammer dat maroela nie my kommentaar aan “baasspeurder” delta mike plaas nie! Ek word smoorkwaad vir mense soos hy! SKANDE!

annette duvenhage ·

Ag toggie dis so tragies. Ek wens net mense wil leer om sulke ou vrieskaste wat nie meer werk nie. of reg te maak en in gebruik neem of weg te gooi. Daar het al soveel kinders versmoor in yskaste en vrieskaste. Asseblief mense leer hier uit, dis nie die hartseer werd om so ou ding op jou erf te hou nie. 5 kinders is so onnodig dood en die arme ouma sit met die verwyte en hartseer.

valdy ·

Jammer om van die tragedie hoir dis verskriklik.sterkte aan die ouers en veral die ouma.wens ek kon haar n drukkie gee en se als sal oky wees.
Ek self is n ouma ek love my kleinseun , jammer ek sien nie kans om hom op te pas nie,hy is net te woelig. Hierdie ouma is n Hero om na 5 voelige kinders te kyk.
hou op om te oordeel.

Gismo ·

Mense….5 kinderlewentjies is weg, hemel toe…nie hulle of die ouma of die ouers het gevra dat dit moet gebeur nie. Gaan op jul knië en wees dankbaar dat jy vanaand huistoe gaan waar jou gesin of familie nog veilig en lewend is. Bid vir hierdie gesinne vir hulle verlies. Jou kind kan by die beste skool of Nasorg Sentrum wees en net verkeerd val of deur ‘n ander kleuter gestamp word of wie weet wat en so sy nek breek of bloeding op die brein kry en tot sterfte kom. Niemand kan jou 24/7 oppas nie, hierdie is ‘n tragedie. My seun is in die skool van 7am-17h30 vir 5 dae in die week…ek bid elke dag dat die beskermende hand oor hom sal wees en hom bewaak, ek kan nie verwag dat ‘n individu hetsy nou ‘n onderwyser of ouma of oupa voor hom moet sit vir die hele tydperk en hom oppas nie. Ongelukke gebeur, wees dankbaar en bid vir hierdie mense se hartseer.

Mira ·

Ek is self ouma van 8 kleinkinders en het vir 4 jaar elke dag na hulle omgesien. Geen maklike taak nie. Vir die van julle wat so vinnig is met die beskuldigings en verwyte, wil ek net sê, ń ongeluk gebeur in ń oogwink. My hart gaan uit na daai ouma en die kinders se ouers. Niemand van ons was daar om te kan sê wat gebeur het nie. Arme ouma is ook net ń mens. Wie weet dalk het moeder natuur geroep en moes ouma die kinders vir ń wyle alleen laat speel. Kan almal wat so oordeel nou eerlik sê dat hul nog NOOIT hul kinders onder hul oë laat uitgaan het nie? Daar is soveel haat en twis in ons ou werêld kan ons nie maar in hierdie situasie net bietjie simpatie betoon nie?

Anny Penny ·

Ondanks al die argumente kras of liefdevol, is n groot troos soos een skrywer sê, dat die kinders aan die slaap geraak en toe gesterf het . Sy sal sekerlik vir die res v haar lewe die pyn met haar saamdra so wat help dit om te veroordeel.

Sumari ·

Julle vervlakste perfekte mense wat so judge. Vir baie grootouers is dit net ‘n seën om na hulle eie kleinkinders te kyk. Ek vat my skoonma as ‘n voorbeeld. Ek en my skoonma werk saam ons bly in ‘n woonstel saam met hulle in een erf. As ek en my man ‘n aand uit beplan maak ek baie keer eers seker my kind het geeët, gebad en slaap sodat ek darem nie als op my skoonma afpak nie. So julle perfektes houop om die een en daai een die skuld te gee. Die Here sien raak hoe julle judge. Mag so iets nooit met julle gebeur nie. Aan die ouers en veral die ouma julle is in my gebede. Verskoon maar die klomp wat judge.

Mira ·

Johan. Eerstens leer spel en ook hoe en waar om leestekens te gebruik, dan kom lê jy weer jou eiertjie! Wat het 7de laan en ouma se BREIN te doen met die feit dat daar ń tragedie plaasgevind het? Die feit dat jou vrou wil kinders hê maar jy kan nie, het uit die aard van die saak niks met ons of wat hier gebeur het te doen nie! Die feit dat jou ouma VINNIG vir jou gesê het om uit die son te kom het jou geen VERSKONING gegee om te brand nie. Mense WORRY ( korrekte stelling is mense gee om) vir hulle kinders. Wie gee jou die reg om te kom oordeel? Betoon eerder bietjie simpatie met hierdie familie wat 5 kinders verloor het.

Alki ·

Ai dit is tragies was tien teen een al die Ouma se kleinkinders wat dood is, ‘n mens kan nie oordeel nie , ons weet nie watter tipe vrieskas dit was nie. Kinders is onvoorspelbaar. Mag die familie vertroosting vind in die baie harseer tyd

charmaine ·

Dit is soos die berig ook op Maroela waar 2 kinders in die motor wrak dood is van hitte. Die punt bly staan jy as ma, pa,ouma,oupa,oom of tannie moet na die kinders kyk. As jy na 5 kinders moet kyk wat in jou sorg gelaat word dan moet jy juis hulle met valk oe dop hou,maar nee daar is seker maar gelos dat hulle los hardloop en hulle self gaan besig hou. Raak ontslae van gemors op erf as dit n gevaar in hou.

alida ·

Liewe genade mense hou tog op om mekaar te stenig. Ons weet nie wat die omstandighede was nie. Baie sterkte aan die ouers en veral die Ouma.

adri ·

Hoe het sy dan net die yskas wat gesluit was oop gemaak of loop sy met die sleutel in haar hand rond? Wonder maar net………………………….

Martin ·

Ek kan nie verstaan hoe sluit ‘n vrieskas vanself toe nie?

Sarie ·

Ai – wat ook al daar gebeur het – dit is tragies – wat as wat as wat. Vingers word gewys en oordeel word gegee. Kinders moet buitekant speel – anders “lê hulle heeldag voor die tv”. Niemand weet wat gebeur het nie – net Ouma, kinders en God. Sterkte vir alal wat hierdeur gedra word. Dit is ‘n hartseer oomblik vir die hele familie – kom ons bid eerder vir hulle as om te oordeel. Hulle gaan dit nodig hê.

Valencia ·

Ai! My heart bleeds for the entire family involved. May the little souls rest in eternal peace. Wishing the grandmother and parents all the strength during this extremely difficult and heartbreaking time.

Lulu ·

Goeie dag mense x het grt geskrik toe x hoor van die 5kinders. Ek wil net se moet asseblief nie die Ouma blameer nie want dt is God se werke en moet ook nie vra waar was die Ouma nie. Want tog speel die kinders al jare in (daardie) kisvrieskas en nix het (daardie) tyd gebeur nie so moet nie klip gooi na (daardie) Ou mens toe nie want enige iets kan jou more tref en gaan jy daarvan hou as mense dinge se. Aan jou wat nie die waarheid is nie. So moet nie oordeel nie wat gebeur het. Het klaar gebeur God weet alleen en Hy alleen kan oordeel. Dink jou in as jy nou met jou kind is en in n oog knip se tyd gebeer daar iets waar jy in die aanwoordlikheid was en dan wat so hou op asseblief

qwin ·

Goeie dag almal, ek voel so sleg veral as dit kom by klein kinders wie weg geraap is deur die dood en dit so wreed. Ek kan onthou toe my klein nigi op die ouderdom van 11 jaar( 7 jaar terug) weg geneem is van ons af en so wreed en lelik. Dis baie seer. Ek kan net vir dai familie se dat sonder God en gebed sal dit baie swaar wees om die dood te verwerk. Bly biddend en staan saam as n familie en ondersteun mekaar en moedig mekaar aan. Alle sterkte. Ek kan net vir julle bid en vra vir genade en krag van bo. #condolences

3ka ·

Ai dis tragies ,ongelukke gebeur so vinnig en onverwags al sit jy en kyk 24/7 hoe kinders speel en of as hul alleen speel ,dit is niemand se plek om te oordeel nie ,die here sal oordeel op die waarheid en wat hy gesien gebeur het ,sterkte aan die kinders se ouers en aan die ouma .

Bouter ·

Die ouma Weet k is d swaarste getref,en tog is daar moeders wat oordeel,wtse soort is j Dan,is j d soort wat Weet more sal d son weer opkom,niemand Weet wat more in you nie,dink net verder as j neus,STERKTE AAN DIE FAMILIE

M ·

Baie tragies maar dit kon verhoed gewees het as mense nie flenter yskaste/vrieskaste in die erf aanhou nie.

Emiel ·

Nog nooit gehoor van ‘n kis diepvries wat vanself kan sluit nie. Hoe lyk so ‘n ding? Het iemand dalk ‘n foto?

Emiel ·

As hulle wegkruipertjie gespeel het, sou een van die 5 darem kon kom soek het.
Maar hoekom wou al 5 binne in klim?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.