Vyf kinders behandel ná brand by skool

Nooddienste by die skool. Foto: Emer-G-Med

Nooddienste by die skool. Foto: Emer-G-Med

Vyf kinders moes Woensdag vir rookinaseming behandel word, nadat ʼn brand by ʼn Johannesburgse skool uitgebreek het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het die brand in die stoorkamer van ʼn skool in Fultonstraat in Industria, Johannesburg, ontstaan.

“Paramedici en brandbestryders het die stoorkamer in ligte laaie gevind en leerders en onderwysers was reeds besig om die skool te ontruim,” het Meiring gesê.

Die kinders is ondersoek terwyl die brandweer die brand in bedwang gebring het.

Meiring het gesê vyf kinders, tussen 13 en 15 jaar oud, is vir rookinaseming behandel. Twee moes na ʼn hospitaal geneem word vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die brand is nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johanna Botha ·

Is julle seker dis by n skool want ek sien op msn dat Nkandla het daar iets gebrand en hulle het nie die berugte ” fire pool” gebruik nie ! !

Oupa ·

Ek wonder ook: het die skool nie ‘n naam nie? Hoekom word dit verswyg?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.