Vyf kinders in karre by winkels gelos

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie ondersoek sake van kinderverwaarlosing nadat vyf kinders die afgelope week in drie afsonderlike voorvalle by winkelsentrums in Mosselbaai, Bloemfontein en Pretoria alleen in voertuie gelos is.

Die Mosselbaai-polisie in die Wes-Kaap het Maandag twee kleuters uit ʼn voertuig gered wat in die bloedige son parkeer by die Langeberg Mall geparkeer was. Kapt. Wollie Fourie, polisiewoordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media gesê ʼn tweejarige meisie en haar vyfjarige boetie was in die voertuig toegesluit en dat die vensters toe was. “Polisiebeamptes het die voertuig se regterkantse passasiersruit stukkend geslaan om die kinders uit die warm motor te red.”

Volgens Fourie was die kinders was glo in die sorg van hul oom. Hy het hulle glo vir ʼn onbekende tydperk in die voertuig gelos terwyl hy gaan inkopies doen het. Die polisie se gesinsbeskermingseenheid ondersoek die saak. “Die saak is tans by die staatsaanklaer vir beslissing,” het Fourie gesê.

ʼn Babaseuntjie, sowat 18 maande oud, is Dinsdag in Bloemfontein in die Vrystaat in ʼn motor in die son gelos by die Pretty Gardens-sentrum. Sy ma en ouma het glo iets gaan eet. Volgens kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, het die kind se ma glo diabetes en moes sy dringend iets eet.

“Die venster was effens oop en ʼn verpleegster wat by ʼn babakliniek by die sentrum werk het haar hand deur die venster gedruk en die voertuig se deure oopgemaak sodat die kind kon afkoel,” het Marope gesê.

Die ma en ouma was glo vir ʼn halfuur weg. Hulle het glo met hul terugkeer na die motor, hulle vir omstanders vervies en met die seun weggery.

“ʼn Ooggetuie het ʼn saak van kinderverwaarlosing aanhangig gemaak en die voertuig se registrasienommer aan ons verskaf. Die polisie is nog besig om die motor te probeer opspoor. Die ondersoek duur voort.”

Die Brooklyn-polisie in Pretoria het Donderdagaand ʼn man in hegtenis geneem nadat hy twee kleuters alleen in ʼn motor gelos het by die onderdakparkeerterrein by die Brooklyn-winkelsentrum.

Ao. Dave Miller, polisiewoordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media gesê die sentrum se veiligheidsbeamptes het die motor se agterruit gebreek om die kinders uit die voertuig te kry. Die kinders, wie se ouderdomme in die stadium nie bekend is nie, het glo erg gesweet en gesukkel om asem te haal. “Die veiligheidsbeamptes het die polisie ontbied en saam met die polisie by die voertuig gewag tot die man daar opgedaag het,” het Miller gesê.

Die kinders was glo vir langer as ʼn halfuur in die warm voertuig voordat hulle verwyder is. Die man het sowat ʼn uur nadat die kinders uit die voertuig gered is daar opgedaag. Hy is na die Brooklyn-polisiestasie gevat waar hy in hegtenis geneem is. Die kinders is in veilige sorg. Die man sal na verwagting Vrydag in die Hatfield-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

boer ·

Hoekom is net die 1 persoon in hegtenis geneem en in die ander 2 gevalle nie?

boer ·

Hoekom in die 1 geval is n persoon in hegtenis geneem, en die ander 2 gevalle niemand nie ?

Elizabeth ·

“Diabeet en sy moes gou iets kry om te eet…” NEE! As, let wel AS dit die waarheid is maak mens seker jy het ietsie in jou handsak ingeval jy in verkeer vassit of ingeval iets gebeur wat jy gou iets moet inkry. Of anders neem jy die kind saam as jy die iets gaan kry om te eet.Wat se soort ouma en ma’s is dit die???

Hanlie ·

Ek is self ‘n diabeet en dit het al gebeur dat ons oppad iewers was en my suiker vinnig geval het. Ek het gestop en my kinders saamgeneem om iets te kry om te eet. Hoe kan jy ‘n “baba” in ‘n motor los omdat jou suiker geval het….regtig waar is die persoon (en haar Ma) se verstand.

Ek dink in sulke gevalle gee die mense niks vir hulle kinders om nie………

Katryn ·

Vat die mense vas wat hulle skuldig maak daaraan! Terloops, regoor Pretty Gardens is daar verskeie kosplekke wat wegneemetes “drive -through” verskaf. Wil wegkom met leuens wat
net hulself glo.

Marietta Henning ·

Die jongmense EN ouer is te sleg om na hul kinders te kyk, dan druk hulle die kinders in ander mense se sorg wat ook te blerrie sleg is. Dan gebeur dit. Aag siestog die mensdom “jonges” is tog so moeg. Maar nie moeg vir n sigaret’tjie of alkol’tjie nie. Almal wil net GOU by die winkels inhol, was dit GOU toe jy/julle HULLE gemaak het. Vir wat maak jy dan kinders. Voorbehoed is die ding. Want die kinder ly daar onder. Aag Ffff dit man, kry vir jou ‘n bottel BIO PLUS en kyk self na jou blerrie kinders, jy het hulle gemaak, so vat hulle ooral saam jou, ja die meeste ouers se mos, “die blerrie GOED “kinders” het nie maniere” wie se skuld is dit? JOUNE, want jy het nie maniere of disepline nie. Die dag van geboorte, dis die dag wanner maniere en disepline begin. Maar nou ja, hoe kan ouers hul kinders disepline leer as hul SELF nie het nie. Want as die persoon/e wie die kinders in die karre los SELF Disipline het, sal DIT NIE gebeur nie. Maak minder kinders, en kyk SELF na jou ffff kinders.

saartjiesaar ·

My voorstel is dat as deel van hulle straf die ouers/grootmense ook vir ‘n halfuur in die snikhete son in so ‘n voertuig toegesluit word.

Hierdie goed is kort kort in die nuus, hoe op aarde is dit moontlik dat mense nog steeds dit doen.

Hoe stupid is jy? Dan na die tyd wil jy huil en jou voete stamp omdat jou kind dood is! Aaarrrgggh sulke goed frusteer die blou bol uit my uit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.