Vyf kinders in warm voertuig gelos

woodlands 1

Die voertuig waarin die kinders gelos is. (Foto: Twitter/Netcare911)

Vyf kinders is Sondagmiddag uit ʼn dubbelkajuitbakkie gered nadat hulle sonder toesig in die voertuig sonder enige oop vensters gelaat is.

Tebogo Magoro, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het by die Woodlands Mall in die ooste van Pretoria plaasgevind. Hy het gesê lede van die publiek het die nooddienste ontbied. Vyf kinders, onderskeidelik vier, sewe, nege en 11 jaar oud, is in die bakkie aangetref.

“Die 11-jarige het paniekerig geraak en lede van die publiek het toe agtergekom die kinders is in die bakkie vasgekeer. Hulle het aan die kind probeer verduidelik hoe om die voertuig oop te sluit, maar sy kon nie daarin slaag nie.”

Volgens Magoro kon ʼn lid van die publiek die kinders se pa telefonies bereik en het hy toestemming gegee dat een van die ruite gebreek kan word. “Die pa het glo die kinders in die sorg van ʼn vriend gelaat en was onbewus daarvan dat die vriend inkopies gaan doen en die kinders in die voertuig gelos het.”

Paramedici van Netcare 911 het die kinders ondersoek en gevind hulle is ongedeerd. Volgens ʼn veiligheidswag het die voertuig vir drie tot vier uur in die son gestaan.

Die pa van die kinders het hulle kom haal en die polisie was ook op die toneel.

woodlands 2

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Belaglik ·

En die pa het niks oorgekom nie, seker net ‘n waarskuwing gekry en more doen hy dit weer.

LEES BELAGLIK! ·

DIT WAS NIE DIE PA NIE!
ek hoop die Pa vat die vriend aan….

Die pa lieg ·

Ek dink hy jok. Net om weg te kom. Dink hys die skuldige.

EK dink ook die pa jok ·

JA mense is so GULLIBLE< hoe sal 'n VRIEND van jou nou met VYF van jou kinders in die kar ry en hulle in die kar toemaak, watter pa los VYF van sy kinders in iemand anders se sorg wat hulle amper doodmaak .. LEES OF NIE LEES nie, die berigte is deesdae so onakkuraat .. DIE PA LIEG.

LB S ·

“‘n Lid van die publiek het die Pa gebel”… hier is iets aan die gang, die Pa het seker gesien hier is moeilikheid en nou sê hy maar iemand het hom gebel, intussen was dit seker hy self wat die kinders daar gelos het. Ek wonder of die polisie bietjie ondersoek ingestel het.

Ada ·

Hoe totaal onverantwoordelik.
Die pa en die vriend moet vir poging tot moord aangekla word.

Kellies ·

Nou hoekom die Pa? Het julle nog nooit julle kinders in iemand se sorg gelos nie? Oom, Tannie, Onderwyser op sport toer ens? Dink bietjie en klim af van die vervolgingswaan karretjie.

Pieta ·

Natuurlik die Pa…..Hy is die verantwoordelike een….hy moet dit uitsort met die sogenaamde vried.

Genieve ·

Genade..dankie daar was mense wat dit raak gesien het wat sou van die kinders geword het??

Hans ·

Ek sê sommer nou, sou ek so iets teekom dan sal ek 1 ruit breek kinders uithaal en die res van die ruite ook breek. Weet daar gaan nou wees wat nie saam stem nie maar hoe kan enige mens so iets doen. Soos daar gesê is nou is hul seker net gewaarsku en dit is al.

Janine ·

Wees maar versigtig in wie se sorg jy jou kinders plaas. Daar is familie wat ek nie eens vertrou nie!

fm ·

Die vriend van die pa wat hierdie kinders in die warm son in die voertuig gelaat het om inkopies te gaan doen moet saam met die pa vir poging tot moord aangekla word, jy is heeltemal reg Ada.

NICOLA ·

HOEKOM WORD DIE OUERS NIE AANGEKLA VAN KINDERMISHANDELING ?? EK SAL ELKE VENSTER BREEK EN KINDERS NA DIE POLISIE STASIE TU NEEM, LAAT DIE OUER DAAR VERDUIDELIK WAT HY / GEDOEN HET.

Pa ·

lees asb die berig dis nie die Pa nie dis n vriend van die pa…….kruisig die vriend nie die ouers nie…

Theresa B ·

Sluit daai sogenaamde vriend toe in die bakkie en los hom daar vir ‘n l a a a a n g ruk.

Raymond ·

Hoekom eers toestemming kry om die ruit te breek ? Breek die ruit en kry klaar ! Die dag wat ek so iets tee kom sal ek nie twee keer dink om die ruit te breek nie.

Alida ·

Jy is reg Raymond. Breek die verduiwelse ruit en kry klaar. Daar is lewens op die spel. Wat as iemand nie die pa in die hande kon kry nie. Die pa of die vriend kan NIEMAND verantwoordelik hou vir die skade nie en kan eerder dankbaar wees dat iemand die kinders gehelp het. Watter deel verstaan die mense nie. Daar is ‘n HITTEGOLF in SA!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Carolina ·

Hoe het die persoon die telnr gekry om pa te skakel om toestemmng te kry om venster te breek. My man het eenkeer ons micra gesluit uit gewoonte terwyl ek nog in die motor was. Kon glad nie enige vensters of deur oopmaak nie. Was self in paniek toe hy terug keer. Sondag was baie warm. Dankie vir die mense wat gehelp het. Veiligheids wagte moet dit dadelik rapporteer as daar kinders in motor gelos word. Nie 3ure later nie.

Cor ·

Enige ouer of persoon wat n kind of dier in voertuig los sonder oop vensters , is nie die naam ouer of diere liefhebber werd nie. Sou daar iets met die kinders gebeur het as gevolg van die hitte, sou jy darem n drama om daai D/c gesien het soos nog nooit in n tv sepie of soortgelyk was nie. Dan sou daar n geween en gekners van tande wees en die vriend sou ook nie meer n vriend wees nie maar!!!!

Hans ·

Jy los nie n kind of dier in n kar al is die vensters bietjie oop. Dink mense hul kan nog steeds iets oorkom.

Anoniem ·

Maak ‘n voorbeeld van hierdie sogenaamde “vriend” sodat hierdie tipe voorvalle kan ophou voordat ‘n kind regtig doodgaan in ‘n warm kar.

Gesiggie ·

Dankie tog vir die vinnige optrede deur publiek, en ook dankie aan die persoon wat die pa kon opspoor… hoe ongevoelig van die vriend, om die kinders in die bloedigge son binne in n motor toe te sluit”’ Wonder waar was die kinders se Ma?? duidelik het die vriend geen idee om na kinders om te sien? hoop nie die Pa vertrou hom weer om na sy kinders te kyk”’hy was seker erg onsteld oor sy venster? maar die skade sou meer wees as daai kinders Hitte uitputting moes kry… 4 ure”” NEE REGTIG… Wonder hoe jy sou voel na 4 ure in die Son… mense wat so onverantwoordlik is”’ moet beboet word…

Asjas ·

Ek dink nie AL die kinders was die een Pa sin nie, van hulle is seker die vriend se kinders? Jy los jou kinders by mense wat ook kinders het en weet hoe om na hulle om te sien??

Ai mense LEES.! ·

1. Dit was nie die Pa nie!
2. Hoe wil julle nou hê die PA moet saam die vriend boet? Ek glo die pa het geen idee gehad die vriend sou so iets doen nie…
Dit is soos ek wat NOOIT my kinders agter op n bakkie laat ry nie – tog as my kinders by maats gaan kuier word al die kinders agterop gegooi… My arme kinders is al te bang om saam maats te ry.
Ek hoop die pa gee die vriend van hom een harde klap teen die kop!

kat ·

Ons weet dit was nie die Pa nie maar die Pa is tog verantwoordelik vir die kinders en hoe goed ken hy hiedie ‘vriend’ wat so onverantwoordelik opgetree het? Is dit ‘n ware ‘vriend” of net dalk ‘n kennis wat nie ‘n duit omgee vir kinders nie?
Dus is die Pa en die ‘vriend’ skuldig aan kinderverwaarlosing voel ek.

Manie ·

LEES MENSE!!! DIE PA HET NIKS GEDOEN NIE. DIS N VRIEND!!! LEES LEES LEES!!!

christa ·

Ek kan nie verstaan hoekom die kind van elf jaar nie die vensters af gedraai het nie, seker oor ons misdadige land. Daardie vriend moet verseker ‘n goeie straf kry. Ek sou al sy ruite gebreek het

Wilma ·

Elektroniese vensters Christa, dit kan nie afgedraai word nie !

Alida ·

Dis seker elektriese vensters en kan nie per hand oopgemaak word nie.

Johan ·

Alida, jy is reg daar en dis een rede waarvoor ek ‘n voertuig verkies sonder elektroniese vensters of slotte. Sonder krag kan jy nie die ruite opmaak of die deure ontsluit.

snoefie ·

ag asse4k..blief!!!! n elfjarige wat nie weet hoe om kar van binne oop te maak nie?

Jan Olivier ·

Hoe weet ‘n elfjarige kind nie hoe om ‘m motordeur van binne oop te maak nie ?

Ann ·

Hallo … ooit daaraan gedink dat die kind dalk nie die kar ken nie? As ek in ñ kar sit wat ek nie ken nie, sal ek ook nie weet hoe om die deur oop te maak AS HY GESLUIT IS NIE. 11 jaar oud ofte nie. Hoe kan jy die kind kwalik neem???

LB ·

Ek was een keer in ‘n voertuig toegesluit. Ons was haastig, ek sou in die voertuig wag en die bestuurder het vinnig uitgespring en uit gewoonte die sleutel uitgetrek en die kar so in die wegdraf gesluit, maar nie gou teruggekeer nie. Ek kon nie daardie deur oopkry van binne nie en is nie dom nie, die sluitstelsel is net te effektief. Ek het die venster later probeer uitskop want ek het ‘n paniekaanval gekry want die temperatuur het vinnig gestyg en vir die eerste keer kennis gemaak met ‘n vrees vir nou ruimtes ..baie simpatie met daardie kinders!!

Lindie Lourens ·

So lees ek en die meeste kommentaar verontskuldig die pa en beskuldig die vriend. Ek wil weet hoe los ‘n mens enigiemand vir 2 tot 3 uur in ‘n motor? ‘n Mens kan nie vir 2 tot 3 uur stilsit op enige plek nie.Vensters kan afgedraai wees, lugversorger kan aan wees, maar 2 tot 3 uur!!!!!!! ( As dit wel so is)

Ada ·

Dalk was die motor met n childlock gesluit van buite af
Die kind kon ook verbouereerd geraak het of was dalk die dood voor die oe gesweer om NIE die deur oop te maak nie
Punt is die kinders is onskuldig en pa en vriend skuldig
Vind uit wat die pa gaan koop het wat so dringend was?

Vraagteken ·

Hi Ada, “childlock” is net van toepassing op jou agterste deure, is dit nie? Indien die deure deur die eienaar gesluit is, dan sou die alarm ook aan wees – hoekom het die alarm nie afgegaan nie? En hoe kan hulle dit in hul vermoë hê om die pa se nommer te gee (deur ‘n gesluite venster) maar nie ‘n deur oop te maak nie – klink vir my baie verdag? Enige moontlikheid dat die kinders met die sisteem gaan peuter het?

Die enigste ding waaraan die pa moontlik kan skuldig wees is dat hy sy kinders in die sorg van ‘n onverantwoordelike persoon geplaas het (ons kan net spekuleer wat met die vriend gebeur het). Dit is waansin om die pa van die hele voorval te beskuldig!

Cornette. ·

Ons was vanogend eers dr toe en davandaan medipost gezina toe, daar het my ma ha voorskrif ingegee. Opad in hoor ek hindjie wat blaf. Kyk tie terug en daar staan n groen corsa of fiesta karetjie nie seker nie want ek kenie kare make nie maar eny way daar sit woef aleen in die kar en die kar staan in bloedige hitte….. ekt my net so vererg….

PamK ·

Vererg? Of eintlik iets daaromtrent gedoen? Daar is n verskil…

Ai ai ·

Ek wonder of die child lock nie dalk op was op deure nie die dat kinders nir deure kon oop kry nie en paniekerig begin raak het

WimpyO ·

Dis moeilik om te glo dat ‘n 11 jarige kind nie kan weet hoe om ‘n kardeur van binne oop sluit nie.

Skepties ·

Ek stem toetaal en al saam. 11 jaar en weet nie hoe om n deur oop te maak nie… Die kind het n paar lewenslesse iewers gemis. As die child lock agter aan was Dan klim jy mos vorentoe en maak oop…die kind kon gou op hulle IPhone gegoogle het hoe om n deur oop te maak…

fm ·

Dis moeilik om te glo dat verantwoordelike volwassenes kinders in ‘n bloedig warm voetuig in die son kan los om inkopies te gaan doen. Hoekom probeer sommiges dit enigsins regverdig?

Primaria ·

ONS LEES ONS LEES, maar gister wou julle POPPIE se MA stenig terwyl die STIEFPA haar doodgeslaan het. Natuurlik rus daar steeds ‘n verantwoordelikheid op die PA om die kind in die sorg van ‘n VERANTWOORDELIKE persoon te plaas. Help nie julle se dit is NIE DIE PA nie, dit is agv die PA se toedoen . en dit bly SY kinders, nie die vriend s’n nie. Dit is hoekom hierdie land lyk soos hy lyk want die verantwoordelikheid en skuld word altyd op IEMAND ANDERS afgepak. KYK SELF Na jou VYF kinders!!

fm ·

Sommiges probeer selfs hier die skuld op die kinders te pak. ‘n Volwassene los nooit kinders, ander mense of diere in die bloedige son in ‘n voertuig nie. Nooit nie.

Sakkie ·

As ek die kommentare lees, klink dit vir my party lesers wil nie hê dat feite ‘n goeie storie bederf nie.

Sam ·

95% van vandag se kinders ken hul ouers se selfoon nommers. Jul dalk daaraan gedink dat die 11jarige dalk die nommer vir hulle gegee/geskree het?

Duns ·

Ek saam jou Carolina, watse persoon het sy nommer gehad? Jy het net iemand se nr wat jy ken. Hoekom het hy self nie sommer die ruit uitgeslaan nie? Ek dink ook dis ‘n storie van die pa, ondervra die’ vriend’ en dreig om hom toe te sluit en kyk of hy by sy storie bly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.