Vyf kinders kritiek ná nóg ʼn ongeluk in Noordwes

Argieffoto

Vyf leerders van Noordwes het kritieke beserings opgedoen in die tweede padongeluk in die provinsie dié maand waarby kinders betrokke is.

Die provinsiale departement van onderwys het in ʼn verklaring gesê 13 leerders was Woensdag met ʼn bakkie onderweg na die skool toe die bestuurder tussen die Matsheng- en Kokomeng-nedersetting naby Taung op ʼn skerp draai beheer verloor het.

Vyf van die leerders is in ʼn kritieke toestand, terwyl agt ander geringe beserings opgedoen het.

“Ek is werklik geskok en ontsteld oor hierdie grusame ongeluk waarby ons leerders betrokke was,” het Mmaphefo Matsemela, die provinsie se LUR vir onderwys, gesê. “Dit is nou die tweede ongeluk wat binne ʼn kort tydperk gebeur. Ek wil ʼn beroep doen op alle bestuurders wat leerders na skole vervoer om uiters versigtig te wees. Hulle moet waaksaam wees wanneer hulle ons kinders vervoer en ouers moet hulle monitor.”

Sy het gesê ouers moet seker maak dat die mense wat hul kinders vervoer “gekwalifiseerd en verantwoordelik” is.

Op 13 Augustus is ʼn taxibestuurder dood en vyf leerders kritiek beseer toe twee minibustaxi’s reg van voor in Klerksdorp gebots het. Albei taxi’s was op pad met leerders na verskeie skole toe die ongeluk gebeur het. Altesaam 22 leerders was in hierdie ongeluk betrokke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Yankee ·

Hoe op dees aarde!! Hoeveel nog!! Vaderland, so iets gebeur elke 10 jaar in Amerika!! Daar by julle bykans elke tweede dag!! En Amerika het mijoene meer motor bestuurders as by julle.

EO ·

13 Leerders in ‘n bakkie? Mag kinders nog aterop ‘n bakkie, oop of toe, vervoer word?

Lolla ·

Nee niemand mag agterop ‘n bakkie sit nie al is daar ‘n canopy op, maar niemand gee gehoor daaraan nie , maar gelukkig is die
Aarto wet oppad en die taxis, busse en trokke sal dan aansienlik minder word, want hulle bestuurder sal baie gou nie meer lisensies hê om te kan bestuur nie. Dis nou as dit vir hulle ook gaan geld.

Grens ·

Sover ek dit verstaan, mag jy nog steeds mense agter op ‘n bakkie vervoer, solank daar nie goedere by is of betaling gevra word nie.

Magda ·

Geen Wet meer in ons eens mooi en skoon Suid Afrika – maar hulle mors tyd om elke jan rap en symaat hof toe te sleep omdat hulle iets se of doen waarvan iemand nie hou nie – Plaas hulle hulle toespits om Suid Afrika n land te maak vir ALMAL. Maar metdie KORRUPTE (A- ALL N-NATIONAL C-CRIMINALS ANC REGERING) is dit nie moontlik nie – 25 jaar en waar is SA – ons land was nog nooit so sleg af soos nou nie en alle dank kom toe aan die SWART regering – dan blameer hulel aparthied – nee wat niemand is so blind soos die een wat nie wil sien nie.

Dr Phil ·

Gelukkig is die Aarto wetgewing op pad en sal dit die paaie veiliger maak…

ano ·

Dr Phil …………………… dis “wishful thinking” Daar is nie ‘n manier wat AARTO gaan werk nie. Daar is reeds duisende wat sonder lisensies bestuur.

Seemonster ·

Dirk, Ano, ek HOOR sommer die sarkasme in dr phil se woorde . . . . ha ha ha

Nonnie ·

………EN TOE VAL DIE HEMEL EN ONS ALMAL DRA BLOU MUSSIES….hahahahaha

Kanarie ·

En presies hoe gekwalifiseerd en verantwoordelik is taxi bestuurders? Hulle ry soos padvarke en oor tree elke verkeers reel, met kinders in hulle taxi!!!!

emily ·

Niemand steur hulle nou eers aan die reels en wette van die pad nie, Dink julle nou regtig Aarto wetgewing gaan n verskil maak. Nee, want verloor hulle daai lisensie koop hulle net n ander een.

Seemonster ·

Emily, ek stem saam. Oor die algemeen is daar voldoende wetgewing. Dis die toepassing wat onbreek.
Ekstra wette gaan geen verskil maak nie

Meisiemens ·

Die taxi ongeluk in Klerksdorp… Die 1 taxi het geen passasiers gehad nie, Hy was oppad om sy volgende vrag te gaan laai. Die taxi waarin die bestuurder dood is was oorlaai, en hy het beheer verloor. So die 22 leerders betrokke, was in 1 voertuig.
Ons besef nie hoe gebless ons is om self ons kinders veilig by die skool af te laai nie.

Albert ·

Aarto gaan net vir sekere pad gebruikers wees, die verkeersmanne gaan nou lekker lag bank toe. Die omkoop geld gaan net meer wees.

marous ·

Die moordenaars agter stuurwiele is deel van die anargie wat die land oorheers. Daar is , sal en gaan geen beheer wees daaroor nie .

Rentia ·

Ek dink enige persoon wat mense vervoer teen vergoeding moet verplig word om ‘n gevorderde bestuurkursus te volg. As hulle nie daardie sertifikaat het nie mag hulle nie mense vervoer nie. Sulke bestuurder moet van moord/poging tot moord aangekla word aangesien hulle bewus is van die feit dat hulle onbevoeg is maar tog steeds bestuur en mense se lewens doelbewus in gevaar stel.

SjN ·

gaan hul dit ook verpligtend maak om donkie karre toe te rus met n canopy en wat n van n bestuurders lisensie?

Leon ·

Die bestuurder is seker een van die wie se donkie kar lisensie omgeruil was vir ‘n ligtevoertuig lisensie in die 1990’s.
Hulle konsentreer nie op die pad nie . sit en tjol gesels. Sit die sitplek vêr agteroor en dan lê hy en bestuur en kan skaars oor die stuurwiel sien of anders kêkkel hy met die mou langs hom en weet nie wat om hom aangaan nie. AARTO sal niks hieraan doen nie want hy oortree nie die spoedgrens nie.

wonder maar net ·

2 taxie’s reg van voor…. dis die taxie bestuurders wat so onverskillig ry… tel net bietjie hoeveel van hulle ry oor ‘n stop of rooi robot per dag… Hoekom word hulle nie beboet of die lisensies sommer semuur weg gevat nie?? En…Verkeers beamptes is bewus van die probleem en sien hulle oor… of is dit dalk famielie of goeie vriende… of hulle word seker omgekoop!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.