Vyf kinders sterf in Pta-fratsongeluk

Argieffoto

Vyf kinders is die afgelope naweek in Pretoria in ʼn fratsongeluk dood en een is beseer.

Lindela Mashigo, woordvoerder van die Tshwane-metro, het Sondag gesê die voorval het Saterdag teen 16:00 in Soshanguve in die noorde van die stad plaasgevind.

Mashigo het gesê volgens inligting wat tans tot die metro se beskikking is, het die kinders onder ʼn hoë ligmas in wyk 27 gespeel toe een van die panele losgekom en op hulle geval het. “Dit lyk in hierdie stadium asof iemand met die kabels van die ligmas gepeuter het, vermoedelik in ʼn poging om dit te steel,” het Mashigo gesê.

Vier van die kinders, tussen ses en 11 jaar oud, is op die toneel dood. Twee kinders is na ʼn hospitaal geneem, waar een van hulle gesterf het.

Die voorval is by die Rietgat-polisie aangemeld en die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek van stapel gestuur. Die voorval is ook by die hoofinspekteur van die departement van arbeid aangemeld om vas te stel of die voorval weens nalatigheid veroorsaak is.

Solly Msimanga, Pretoria se burgemeester, het sy innige meegevoel met die kinders se families betuig. Hy het onderneem om Maandag by die kinders se ouers besoek af te lê.

“Dit is hartseer dat diewe se vandalisme van elektriese kabels die lewens van onskuldige kinders geëis het,” Msimanga gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Karen ·

Dit is bitterlik hartseer. Klein ou kindertjies, besig om te speel, soos wat kinders moet, en dan gebeur so iets. Kan net indink hoe voel hulle ouers.

Salomon Pienaar ·

Neem kennis dat die man verantwoordelik vir die vonnis vd doodskis twee ook n kabel dief was,vandag word hy vereer.
Waarmee het ons te doen in hierdie land.

CNA ·

Kabeldiewe word nie vasgetrek nie, inteendeel hulle voel hulle het die REG om te steel, want ‘hulle is honger’ en so verskoon die regering en EFF en ander partye hulle aanhitsing tot diefstal en aanvalle. Ongelukkig gebeur so iets soos dit nou, dit is ‘n DIREKTE gevolg van die regering se slap houding jeens koberkabeldiewe .. hulle WEET daarvan, maar wil dit nie aanspreek of opvolg nie .. so ja . RIV kinders . julle het dit nie verdien wat die regering aan julle doen nie.

dries du toit ·

ek wil my verstout deur te noem dat ek nie glo dat hierdie ongeluk a.g.v. kabeldiefstal was nie. My seun weet hoe hierdie ligte geinstalleer word en volgens hom is dit n helse proses om die goe vas of los te maak. Smaak my hier moet eerder na nalatige werk deur n kragarbeider of kontrakteur gekyk word.Maar ja,halwe werk is mos maar S.O.P. in SA en sal maar net weereens toegesmeer word. Mu hart gaan uit na die arme kleingoed en hulle families

Diklizzy ·

My man is ook ‘n elektrisiën op hoogspanningslyne. Julle het nie ‘n ifee hoe gereeld hulle toerusting en lyne gaan vervang omdat kabeldiewe doenig was nie. Hulle sny dan pale met transformers af sodat dit kan val sodat hulle die koper daarin kan steel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.