Vyf klagte teen NWU-student wat ‘LGBTQIAP+-sessie ontwrig’

Shaun Christie

Shaun Christie, die senior student van die Noordwes-Universiteit (NWU) wat vroeër vandeesmaand tydelik geskors is as gevolg van sy openbare beswaar oor die inhoud van ʼn sessie by ʼn oriënteringsgeleentheid, word op vyf onderskeie aanklagte van wangedrag aangekla.

Christie se dissiplinêre verhoor vind Donderdag op die universiteit se Potchefstroom-kampus plaas. Volgens AfriForum Jeug sal sy regspan Christie tydens die verhoor bystaan en ook daarop aandring dat alle aanklagte teen hom teruggetrek word.

Die universiteit voer onder meer aan dat Christie homself met opset skuldig gemaak het aan “haatspraak deur studente aan te hits om teen die LGBTQIAP+-gemeenskap op te staan”. Daarbenewens word hy daarvan aangekla dat hy ʼn universiteitsprogram opsetlik ontwrig het; die regte van die spreker van die betrokke sessie, Chloe Valerie van der Walt, geskend het; homself skuldig gemaak het aan vyandige behandeling van die LGBTQIAP+-gemeenskap; en dat hy wederregtelik en met opset ʼn valse uitlating rakende die universiteit se beweerde onverdraagsaamheid teenoor Christelike waardes gemaak het.

Volgens Ronald Peters, AfriForum Jeug-bestuurder, misken die universiteit met hierdie aanklagte Christie se reg tot vryheid van spraak en vryheid van assosiasie. “Die poging om ʼn aanklag van wangedrag nou selfs tot die veel ernstiger klag van haatspraak uit te brei, is onaanvaarbaar. Ons regsverteenwoordiger sal Christie bystaan en toesien dat hierdie heksejag stopgesit word,” benadruk Peters.

“Die universiteit het tot dusver geensins verantwoordelikheid aanvaar vir die blatante partydige wyse waarop die oriënteringsprogram saamgestel is nie. ʼn LGBTQIAP+-vereniging was die enigste wat as deel van die amptelike program toegelaat is om ʼn sessie aan te bied en dit het die teelaarde vir ontevredenheid geskep. Christie het opgestaan vir dit waarin hy glo en word nou gekasty hiervoor.”

Christie is na die voorval op 6 Februarie tydelik geskors. Sy tydelike skorsing is op 13 Februarie gedeeltelik opgehef. Die universiteit se dissiplinêre komitee het daarmee dié vierdejaarregstudent toestemming gegee om weer sedertdien aan akademiese verrigtinge op die kampus deelneem. Hy word egter steeds nie toegelaat om enige van die universiteit se openbare geleenthede by te woon nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Samuel ·

Shuan Christie, jy word voorspoed toegewens. Moenie vrees nie. God regeer.

Sê maar net ·

Baie sterkte! Ek bid dat geregtigheid vir jou sal geskied, Shaun.
Net ter loops….hoeveel letters van die alfabet gaan hulle nóg hierby voeg? Ai jaai jaai…!

Diets ·

Dis deesdae min dat jy mense met sulke vaste waardes teëkom, Ek hoop om in die toekoms nog baie van die jongman te hoor. You go Shaun!!!!

Rudolph ·

Hy het opgestaan vir wat hy glo. Ek bid dat jy deur die gedra sal word. Wat het van ons mense geword. Shaun ek staan agter jou. Sterkte en voorspoed.

James ·

Toe God Adam en Eva gemaak het se hy duidelik hy n Man en Vrou gemaak. Daar was nie ander geslagte gemaak nie.

Karel Kobus Kruger ·

Binnekort is die Romeinse alfabet opgebruik, dan sal hulle die Griekse en Cirilliese alfabette moet inspan. En as daai opgebruik is, wel ja…..

Fubar ·

Nou toe. WAAR is die Christene? Hoekem so stil?

LEVITIKUS 18:22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Moenie by ’n man slaap soos wat ’n man saam met ’n vrou slaap nie. Dit is ’n afstootlike sonde.”

Billy ·

Dankie Jong mN… dat jy jou christelike opvoeding handhaaf en dankie afriforum vir sy ondersteuning. Laat ons vasstaan vir wat Vader vir ons leer oor opregtheid….aan Hom al die Eer

Jan Jacobs ·

Die begin van die vervolging van christene in suid afrika. Steve Hofmeyer was die eerste geval.

Jax ·

Waar kom die wêreld aan al hierdie “watte-kindertjies “? Shaun, ek wens jou alle sterkte toe. Jou waardes is op die regte plek! Moet jou nie laat stuit deur die watte-kindertjies nie.

koos10 ·

Ek betaal deur my nek vir my kind se privaat universiteit, maar absoluut die moeite werd.

annie ·

Pukke het vanaf ‘n Christelike Universiteit vir Hoër onderwys afgedaal tot vloervlak om nou studente te wil vervolg wat steeds die oorspronklike waardes aanhang. Skandelik! Totale verval staar ons in die gesig… as ons nie reeds daar is nie.

Wakkerslaper ·

Baie sterkte Shaun, jy het opgestaan en jou nie geskaam vir Jesus Christus en Sy Woord nie (Markus 8:38). Mag jou beloning groot wees met Sy wederkoms en oordeel. Die vervolging van Christene in hierdie moderne era het voorwaar begin…

Wakkerslaper ·

Net ‘n regstelling: die vervolging van Christene in die moderne era is reeds ‘n werkilkheid. Wat ek wou sê is dat die vervolging van Christene in SA onder die Sataniese regime al hoe erger gaan word… Mag God ons die krag en wysheid gee om op te staan en Hom te kies en nie die wêreld nie.

Elizabeth ·

Waarom mag Christie nie sy opinie lug? Wat het geword van vryheid van spraak? Wat het geword van vryheid van waarin EK glo? Hoekom het andere dan meer regte? Praat ons van gatkruip en net na ñ sekere groep se behoeftes omgesien ? Sè dit weer Christie. Ek het nog nooit iemand veroordeel maar niemand veroordeel my. Net my Vader is goed genoeg.

Frikkie ·

Dis jammer dat so baie Afrikaners hierso agter geloof wegkruip om mense te haat en te vervolg. Was dit nie Jesus wat gesê het jy moet jou naaste lief hê nie?

En nee Christene word nie vervolg nie en afstootlike vyandige gedrag en woorde word nie deur vryheid van spraak gedek nie.

Hou op om ander mense te haat. Dis nie moeilik nie.

annie ·

Nee, dit is nie Shaun wat mense haat nie, hy kom juis op vir wat in die Bybel staan. Alles is nie maar reg nie, Frikkie. Waar staan dit geskrywe dat mens enigiets kan glo en doen en ons moet dit beaam en omarm. Waarom het ons dan die Bybel as riglyn?’ Dan sou daar ook nie waarskuwings in die Bybel wees van ‘n oordeel eendag nie. Is die lekkergeloof die nuutste mode?

Jean ·

Kanada en Amerika gaan baie gou agteruit met die alfabetmense wat meer reg het as ander mense. SA is oppad soontoe… Sport, werk, mense gaan niks meer mag sê nie.

Anna84 ·

Ek het GLAD nie ‘n probleem met die gay gemeenskap nie, ek het selfs gay vriende. Wat my wel pla, is die handjie vol mense van die gay gemeenskap wat dit in mense keel wil afwurg. Hoekom moet jy op elke moontlik openbare plek jouself probeer laat geld?? Hoekom moet ander mense se waardes onderdruk word sodat jy net kan kans kry om jou sê te sê oor gay gemeenskappe? Sien jy elk dag mense in die strate te kere gaan omdat hulle nie kan kinders kry nie, of nudiste wat in die strate aandag soek omdat hulle nie kaal op die strande kan loop nie?? Kry respek vir jouself en hou op om mense te forseer om jou te aanvaar dat jy gay is. Ons het 2 mans vriende wat gay is, sout van die aarde mense wat soos ‘n dood normale paartjie daagliks hul brood en botter verdien. Hoekom pla dit jou as die res van die wêreld nie saamstem waarmee jy besig is nie?? Die res van die wêreld stem ook nie saam met mense wat rook en drink nie, hulle stem nie saam met mense wat nie “groen” lewe nie en so die aarde vernietig. Het jy nooit geleer dat hoe meer jy iets op mense af forseer, hoe meer teenstand gaan jy kry.

Ruby ·

NWU, waarvoor staan julle en waarvoor swig julle…Christus of LGBTQIAP+-.

Pasop, julle kan nie twee gode dien nie, die een OF die ander.

Hierdie jongman het meer waardes en murg as NWU.

Julle het die knieg gebuig…was julle maar koud of warm maar nou is julle lou.

Jannie ·

Interessante feit is dat die onderskeie ‘gemeenskappe’ soveel airtime gegee word en dan is daar soveel onverdraagsaamheid teenoor meer tradisionele sienings.
Die PUK het ook so WOKE geword, dit is om van te braak. Ek kan nie dink dit is dieselfde instelling waar ek studeer het nie.

George ·

@Ruby, NWU is nie n Christelike instelling nie, so met hoe hulle die hanteer le die teer vir die pad voorentoe. Kan ongelowiges dan kapsie maak teen enige mention van enige geloof.

Boekwurm ·

Beide Matteus 8:5-13 en Lukas 7:1-10 vertel hoe ‘n hoofman vir Jesus gevra het om die jong man te genees waarna in die oorspronklike Grieks as sy “pais” (παῖς) verwys word. Dié woord is algemeen gebruik vir die jonger maat in ‘n selfdegeslagverhouding. Met tyd is die Bybel egter vertaal deur die woord te vervang met seun, dienskneg of slaaf. In onlangse jare het progressiewe Bybelgeleerdes tot die gevolgtrekking gekom dat hulle in ‘n homoseksuele verhouding was met die “slaaf wat vir hom dierbaar was” in die evangelieverhaal. Om vandag gay te wees impliseer egter ‘n egalitêre verhouding, terwyl die hoofman en sy pais. Dit was destyds algemeen om in n selfdegeslagsverhouding te wees.

Cecilia ·

Sal ons soos die EFF gaan tooi tooi dat hulle hom nie aankla nie en ons ondersteuning gee>>> O nee ek het vergeet net die EFF kan dit doen sonder om toesluit te word die res van Suid Afrika kan dit nie doen nie!!!!!!!!!!

Miena ·

Ek het die LGBTQIAP+ gaan opsoek.
Mensig nou is ek meer deurmekaar as voor ek die goed gaan nalees het.

Pinoccio ·

@boekwurm, met jare se vertalings, herhaaldelike oor skryf is heelwat woorde verwyder en/of verander. Jou stelling is waar!

Mense hou gedeeltes voor wat hulle pas om ander te oordeel, min gepla oor die gedeelte wat dui dat die maat waarmee meet sal jy gemeet word.

Vermaan die wat vermaning nodig het maar let eerder op jou eie sonde want jy hoef nie verantwoording te doen vir ander s’n nie.

Leef en laat leef…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.