Vyf koelbloedig doodgeskiet, verdagtes soek

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Speurders van Milnerton in Kaapstad is op die spoor van ses verdagtes nadat vyf mense Donderdagaand koelbloedig by twee huise in Joe Slovo doodgeskiet is.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, sê die verdagtes het na 22:00 by ’n huis in Sekowastraat aangekom op soek na ’n persoon wat hulle slegs by die naam geïdentifiseer het.

Volgens Potelwa het een van die verdagtes daarna losgebrand en ’n vrou doodgeskiet. ’n Vrou wat ten tyde van die voorval saam met die oorledene was, is in die proses in die kop getref en gewond.

“Die verdagtes het ’n paar minute later by ’n ander huis in Dadastraat aangekom waar hulle drie mans en ’n vrou doodgeskiet het. Die ouderdomme van die slagoffers is tussen 28 en 36 jaar.”

Die motief vir die moorde is in dié stadium nog onbekend.

Potelwa doen ’n beroep op die publiek om enige inligting rakende die moorde by ao. Kussel by 074 964 3197 of 08600 10111 aan te meld. Alle inligting sal as vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pieter ·

Raak ontslae van cele as hy kan werk soos hy praat sal misdaad baie laag wees VOETSEK

Androclus ·

Cele is minister van polisie maar ek dink nie hy het eers die ondervinding van ‘n konstabel nie,waar kan jy ooits so ‘n persoon in so verantwoordelike pos sit.Cele is onbevoeg.PUNT.

Hennie J ·

Suid Afrika is n krimineel se utopia. Die minister van polisie is n afgedankte kommissaris wat die rang van general ontvang (nie verdien) het. Die kaders in die polisie,( en daar is baie van hulle) voer hoogty terwyl gewone burgers die spit moet afbyt. Rome brand…………………

Kokerboom ·

Skrik wakker Mnr Ramaphosa…die kriminele beheer die land

Adam Adriaan ·

Dit is erger nou as tydens die sogenaamde struggel en die grens oorlog. Baie meer mense sterf daagliks aan geweld. Lyk soos die oorlog in Sirië.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.