Vyf lede van een familie in Vrystaat vermoor

(Argieffoto: Kent Williamson)

Die liggame van vyf lede van ʼn familie is Sondag die een na die ander in ’n nedersetting in Qwaqwa in die Vrystaat gevind.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, sê die polisie is omstreeks 03:30 na die Marakong-nedersetting in Namahadi ontbied waar polisiebeamptes die liggaam van ’n vrou met ’n skietwond aan haar maag op die grond aangetref het.

Haar man se liggaam is met brandwonde in hul huis wat brandskade het aangetref. Albei was in hul 30’s.

Volgens Mbambo is die gebrande liggame van ’n ma, haar dogter en seun ook daarna in ’n ander woning aangetref. Die 11-jarige kleinseun is glo deur verdagtes met ’n knopkierie op sy neus geslaan en is sedertdien in ’n plaaslike hospitaal opgeneem vir mediese behandeling.

Dit blyk uit Mbambo se verklaring dat al die slagoffers familie van mekaar is.

Die motief vir die moorde is nie in dié stadium bekend nie.

Die polisie ondersoek ’n saak van moord, poging tot moord en brandstigting.

Genl.maj. Solly Lesia, waarnemende provinsiale kommissaris in die Vrystaat, het intussen ʼn 72-uur-aksieplan in werking gestel in ’n poging om die verdagtes vas te trek.

Lede van die publiek word versoek om enige inligting rakende die verdagtes by die Namahadi-polisiestasie by 058 7181701 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Tiptol ·

Vir sekere mense is moord dieselfde as om ‘n brood te eet.

Grassie ·

In die VSA is die doodmaak van ‘n paar persone ‘n groot tragedie wat landswyd en wêreldwyd opspraak maak. Hier by ons is dit bloot ‘n gebeurtenis van verbygaande aard. Dit dien as ‘n aanwysing van hoe vér ons al is op die pad na algehele anargie.

Misky ·

Hoe wreed en ongenaakbaar kan jy nie wees om ‘n 11 jarige kind in die gesig met ‘n knopkierie te slaan nie? Hoe onmenslik is dit nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.