Vyf leerders in week oorlede, twee verkrag

Panyaza Lesufi. Foto: @ParliamentofRSA/Twitter

Die LUR van onderwys in Gauteng het Vrydag vir “ingryping van bo” gevra nadat vyf leerders die afgelope week in afsonderlike gevalle in die provinsie dood is. Twee leerders is boonop beseer toe ʼn muur op hulle by die skool geval het en nóg twee is in twee verskillende voorvalle op pad huis toe verkrag.

“Ons het die 2020- akademiese jaar op ʼn baie slegte noot afgeskop, met verskeie sterftes en tragiese voorvalle by ons skole,” het Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys, gesê. “Ons het nou geen ander keuse as om te vra dat spirituele leiers van alle geloofsrigtings saamkom en ons in gebed lei nie. Ons vra vir ʼn goddelike ingryping.”

Steve Mabona, departementele woordvoerder, het Vrydag gesê ʼn gr. 9-leerder aan Radineo Primary School het Dinsdag onverklaarbaar by die skool begin opgooi en is hospitaal toe gejaag. Sy is met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar en die polisie ondersoek haar dood.

ʼn Gr. 8-leerder van Bophelong Secondary is ook Dinsdag dood aan onbekende oorsake. ʼn Gr. 1-leerder van Belvedere Spesiale Skool is óók Dinsdag dood toe hy ʼn giftige stof by die huis ingeneem het.

Woensdag is ʼn gr. 1-leerder van TN Kudube Primary in Hammanskraal oorlede, nadat ʼn doelpaal op ʼn sokkerveld op die leerder omgeval het. Die seun het saam met sy maats sokker gespeel terwyl hulle wag vir die skoolbus. Die seun het gesukkel om asem te kry onder die doelpaal en is hospitaal toe gejaag, waar hy later oorlede is.

Foto verskaf aan Maroela Media

Op Vrydag het ʼn matriekleerder van Fochville Secondary School ʼn gr. 8-leerder van Thutokitso Secondary School met ʼn mes doodgesteek. Die voorval het in ʼn informele nedersetting, nie ver van die twee skole af nie, plaasgevind.

“Ons het ook inligting van verskeie betreurenswaardige voorvalle ontvang,” sê Mabona.

ʼn Leerder van Tshepisong Primary School in Johannesburg is glo ná skool verkrag terwyl sy vir die skoolbus gewag het. Die polisie ondersoek die voorval. Nóg ʼn leerder, 12 jaar oud, van die Umzamo Primary School is verkrag toe sy huis toe geloop het nadat die skoolbus gebreek het.

“Ons ondersoek tans waarom leerders toegelaat word om huis toe te stap,” sê Mabona.

ʼn Onderwyser is Dinsdag met sambokke deur ouers van Mayibuye Primary School aangerand. Mabona sê die 57-jarige onderwyser is so getraumatiseer deur die gebeure dat sy sedert Woensdag nie by die skool opgedaag het nie.

Maroela Media het ook Woensdag berig oor ʼn voorval waartydens twee leerders van die La Montagne Primary School in Pretoria beseer is, toe ʼn motor deur die skool se muur geploeg het. Verskeie voorvalle van boeliery is ook die afgelope week aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Carl ·

Sterkte vir die leerders in SA. Oe agter in julle koppe he en dra fluitjies, mens is nerens veilig nie.

andre ·

Snaaks hoe vinnig hy vra vir Goddelike ingryping, nadat hy Godsdiens in skole verbied het,

Moena ·

Dit is vir my vreeslik ironies. Daar word nou Goddelike ingryping gevra, maar die kinders in die skole vir wie die Goddelike ingryping nou gevra word, mag nie Godsdiens in hul skole beoefen nie??? Laat n mens wonder waar die fout nou eintlik lê. Dalk moet Godsdiens terug gebring word in skole asook ordentlike dissipline, dan sal daar dalk minder van hierdie gevalle wees, dan sal seuns leer om meisies se liggame te respekteer, en sal ouers leer om onderwysers te ondersteun en ook te respekteer.

ElizeK ·

Hy los mos maklik probleme by skole op, naamlik—FIRE DIE HOOF. Hoekom sal hy nou vra vir goddelike ingryping. Oor laasgenoemde sal ek my gedagtes nie uitspreek nie, want dan gaan sit ek met my bas in die tronk.

Cherokee ·

‘…spirituele leier van alle geloofsrigtings saam bid en lei. ‘ Geen geestelike waardes dus.

JC ·

Ek verstaan nie…”gr. 9-leerder aan Radineo Primary School”…..graad 9 is mos nie meer primere skool nie??? Ja nou vra jy hulp van bo, ma JY is die een wat godsdiens uit skole vat, en seks voorligting verplig…..

streicher ·

Daar is nie nou n witman te blameer nie, nou vra ons vir Goddelike ingryping? Eerstens moet jy darem weet wie God is. Verder is God nie n skakelaar wat jy aanskakel die oomblik wat jy Hom nodig kry nie. Kom ons sien wat julle vermag kry met julle spirituele(sangomas) leiers.

Kobus ·

Dit jammer dat kinders se dood tot die reaksie ly,maar ek stem saam,hy soek nou ingryping maar as daar niks van kom nie gaan dit seker Jan van Riebeek se skuld wees en God gaan seker as ‘n wit rassis uitgeskel word.

Porseleintjie ·

Ingryping van bo? Spirituele leiers van alle geloofsrigtings saamkom??? Nooit kan ons ons Lewende God aanroep saam ander gode nie. Om saam te bid beteken ek erken alle gode en die Woord sê daar is net Een wat ons mag aanbid. Jesus Christus. Hy alleen is die Weg, die Waarheid en die Lewe. Hoe lank nog voor Suid Afrika gaan wakker skrik? Gee die 3Enige God Sy plek terug in die regering, in ons skole, in Suid Afrika!! Tyd is min.

Niklaas ·

Dis een vreemde nuwe benadering wat die man nou het , verwysende na sy wens vir ingryping van bo. Hoop hy bedoel dit opreg

Cherokee ·

Opreg? Jy hoop hy bedoel dit opreg, Niklaas? Wanneer hy vra dat ‘leiers uit alle geloofsrigtings byeenkom en saam bid’? Jy kan nie ernstig wees nie, Niklaas.

Carel Johannes ·

Dit is ironies dat ‘n mens wat godsdiens uit die skole wil verban nou skielik vra vir goddelike ingryping. Ek is baie seker dit is nie vir die ware, ewige GOD van die Christendom wat ek ook eer en aanbid nie. Vermoed in sy voortvarendheid en onkunde bedoel hy moontlik sy voorvaderlike geeste. As LUR is sy onderwys beleid eintlik maar ‘n klaaglike mislukking en ‘n skandvlek op die geletterdheid van eens ‘n florerende onderwys stelsel.

Christo ·

Ja, geen dissepline en gewete , dit sport onder hulle.????

Sage ·

Geestelike leiers van “alle” geloofsrigtings moet bid? Watter god gaan seen stuur? Ek persoonlik dien die Enigste, Lewende God en my God is ‘n jaloerse God wat nie met Hom sal laat spot nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.