Vyf leeus vergiftig, vermink op plaas

Argieffoto: Designerpoint, Pixabay

Die polisie in Limpopo het ʼn grootskaalse soektog begin na verdagtes nadat vyf leeus op ʼn plaas in die Northam-area vergiftig en vermink is.

Daar is Woensdagoggend omstreeks 8:00 op die karkasse afgekom. Van die leeus is onthoof en ander se pote is afgesny en hul tande verwyder.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het gesê die leeus is vermoedelik hoendervleis gevoer wat met gif bestrooi was. Die verdagtes het ʼn heiningdraad geknip om toegang tot die plaas te kry.

Lt.genl. Neke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval ten sterkste veroordeel en onmiddellik ʼn span ondersoekers aangestel om die verdagtes vas te trek.

“Die stropers moet in hul spore gestuit en voor stok gebring word,” het Ledwaba gesê.

Die polisie se ondersoek na die voorval duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

emily ·

So jammer daai arme leeus het nie 1ste aangeval en verskeur nie.

Charl ·

Van renoster stroopery nou na Leeus stroopery, da gaan absoluut niks oorbly van ons natuur nie. So verwoes hulle ma net voort. Self die gras wat hulle op loop groei nie meer nie. Da is gif tot aan hulle voete, diere man.

KaterinaKat ·

Sommige volke is soos n kanker, n plaag en n verpesting op die land. Dis al wat ek gaan se.

Sirkus ·

Die buiteland gaan mal as iemand ‘n leeu jag maar jy hoor nie ‘n haan kraai as 5 leeus so wreedaardig doodgemaak word nie…Wys jou maar net die wereld sirkus is ‘n werklikheid…

SJ ·

Selfde modes operandi as met die Rietvlei Leeus, en die naby Hartbeespoortdam

Spark Plug ·

Dis soos Springkane wat net alles vernietig en opvreet wat voorkom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.