Vyf ‘leeustropers’ in hof

Argieffoto: popista.com

Argieffoto: popista.com

Die vyf mense wat Donderdagaand in hegtenis geneem is te midde van ʼn vlaag voorvalle in Limpopo waar leeus vir hul liggaamsdele doodgemaak is, het Maandag in die hof verskyn.

Brig. Motlafela Mojapela, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die verdagtes het in die Phalaborwa-landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met die jag van spesiale beskermde wild.

Oral Kubayi (46), Gilbert Mabunda (70), Lijawa Ngobeni (44), Zwelile Bvuma (26) en Titus Deane (48) se saak is tot 13 Februarie uitgestel wanneer hulle na verwagting om borgtog gaan aansoek doen. Hulle bly in aanhouding.

Maroela Media het vroeër berig hulle is in hegtenis geneem ná ʼn intelligensiegedrewe operasie in die Phalaborwa-omgewing.

“Die polisie het inligting ontvang van mans wat ʼn leeukop wil verkoop. ʼn Lokval is gestel en binne enkele ure is vyf mans tussen die ouderdom van 28 en 70 in hegtenis geneem,” het Mojapela gesê.

Volgens Mojapela is een van die verdagtes ʼn Mosambieker en die res van Suid-Afrika.

ʼn Leeu se kop is in hul besit gevind en die polisie het daarop beslag gelê.

Die polisie stel ondersoek in om vas te stel of die mans met ander onwettige stropery van leeus in die provinsie verbind kan word.

Die leeuslagtings hou moontlik verband met die plaaslike moetie-mark, wat onder meer vir bemagtiging of kriminele elemente aangewend kan word. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

M'Lady ·

Gooi nou die tronk sleutel weg. Hierdie stropers en jagters is besig om alles om hulle te vernietig. “For the love of money”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.