Vyf liggame by Springs-myn gekry

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die liggame van vyf vermeende onwettige mynwerkers is Maandag naby die Grootvlei-myn in Springs aan die Oos-Rand gevind.

Kapt. Tsekiso Mofokeng, polisiewoordvoerder, het gesê lede van die publiek het op die liggame afgekom en die polisie ontbied.

“Ons weet daar is twee bendes wat baklei vir beheer oor die gebied by die myn. Die polisie ondersoek tans die omstandighede rakende die mense se dood,” het Mofokeng gesê.

Vroeër vandeesmaand is minstens 19 liggame by die myn gevind ná ʼn skietgeveg tussen mededingende bendes. Die liggame het glo skietwonde gehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nina ·

Eh, ek kan dink na al die skote wat hier geklap het, is daar mense dood. Dit het soos ‘n klein oorloggie geklink.HOEKOM gryp die Polisie nie in nie? Daar is HOPE huise in daai gebied.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.