Vyf lyke by Benoni-mynskag gevind

Die toneel waar 10 onwettige mynwerkers se liggame in Junie 2014 gevind is. Foto: @crimeairnetwork, Twitter

Die toneel waar 10 onwettige mynwerkers se liggame in Junie 2014 gevind is. Foto: @crimeairnetwork, Twitter

Die liggame van vyf mans is Woensdag by ʼn ou mynskag in Benoni aan die Oos-Rand gevind.

Lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het inligting ontvang waarna hulle na die mynskag is en die liggame gevind het. Volgens Mogale is die mans doodgeskiet en moet hul identiteit nog bepaal word.

Mogale het gesê die mans is vermoedelik al vroeër doodgeskiet waarna hulle liggame na die mynskag geneem is. Sy het gesê die polisie vermoed die oorledenes was onwettige mynwerkers en dat hulle moontlik deur ʼn ander groep onwettige mynwerkers doodgeskiet is.

Volgens Mogale ondersoek die polisie vyf sake van moord. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

scalla ·

Zama zamas, laat hulle sommer mekaar self uitsorteer, die gerg is nie daartoe in staat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.